DOLLAR STYG TOT BESTE VLAK IN TWEE MAANDE
INTERNASIONALE MARKTE
Die Amerikaanse dollar het in Mei tot van die beste vlakke in twee maande teen ʼn mandjie van geldeenhede verstewig. Europese aandele het gestyg en daar is toenemende kommer oor die ekonomie van Brittanje nadat opnames getoon het dat diegene wat reken daardie land moet aan die Europese Unie onttrek groter steun het.
In die VSA wys die notule van die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) se vergadering in April dat beleidmakers die deur oophou om rentekoerse te verhoog as die Amerikaanse ekonomie verder verbeter.
Die Amerikaanse handelsdepartement het voorts sy voorspelling vir ekonomiese groei in die eerste kwartaal van die jaar opwaarts aangepas, grootliks danksy goeie behuisings / eiendomsdata. Syfers van vervaardiging wat deur China uitgereik is wys dat daardie land steeds sukkel om ekonomiese herstel aan die gang te kry.
Nuwe data van kleinhandelverkope, nywerheids-produksie en belegging in vaste bates in China het nie teikens gehaal nie.
Betreffende die groot internasionale indekse – die S&P500 Indeks het die maand 1.5% hoër afgesluit, die derde agtereenvolgende maand van stygings, die Dow Jones Nywerheidsindeks was 0.1% hoër as in April en die Nasdaq was 3.6% hoër vergeleke met April. Die FTSE 100 het die maand 0.2% laer as April afgesluit terwyl die CAC40 +1.7% en die DAX +2.2% vir die maand aangeteken het.
China se Shanghai Saamgestelde Indeks was maand tot maand 0.7% laer en die Hang Seng Indeks het vir die maand met 1.2% gedaal. In Ja-pan het die Nikkei die maand op +3.4% teenoor April afgesluit.
GRADERING BESLUIT OORHEERS MARKSENTIMENT
PLAASLIKE MARKTE
DIE JSE Indeks van alle aandele het in Mei vir die vierde agtereenvolgende maand gestyg en het die maand 1.8% hoër as in April afgesluit (jaar tot datum is dit 6.3% hoër). Die plaaslike geldeenheid het nie so waffers gevaar nie weens die onsekerheid in afwagting op agentskap Standard & Poor’s se volgende gradering van Suid-Afrika.
‘n Afgradering deur S&P Global Ratings het toe nie in die eerste dae van Junie gebeur nie, hoewel ontleders dit eens is dat dit nog steeds ‘n sterk moontlikheid is vir later vanjaar. As SA se kredietwaardigheid laer as beleggingsgraad geag word sal dit die eerste keer in 16 jaar wees wat SA daardie gradering het en dit in die geselskap van Turkye en Indonesië sit.
Buitelanders was netto kopers van Suid-Afrikaanse effekte vir die week tot verlede Woensdag, die sterkste invloei in ses weke, hoewel beleggers Suid-Afrika steeds meer riskant as ander lande met rommelstatus beskou. Bloomberg berig dat die koste van versekering teen wanbetaling van skuld vir vyf jaar met die gebruik van kredietwanbetaling ruiling 53 basispunte hoër is as vir Rusland, wat as spekulatiewe graad deur beide S&P en Moody’s gegradeer is.
Die JSE se prestasie van Mei is deur nywerheidsaandele gelei met die Indi-25 wat die maand 5.9% hoër as in April afgesluit het. Vir die jaar tot datum is die nywerheidsindeks op +3.1%.
Die waarde van die rand teenoor die Amerikaanse dollar was aan die einde van Mei 10.2% laer as einde April, grootliks weens kommer oor die S&P gradering, voortslepende gerugte dat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, gearresteer gaan word en is ook deur swak ekonomiese data beïnvloed. Die mees kommerwekkende was die verslag van Statistieke SA dat die ekonomie in die eerste kwartaal van die jaar 355 000 werksgeleenthede verloor het.
Teleurstellende vervaardigings- en mynbouproduksiesyfers het ook ʼn bydrae gelewer tot die swakker prestasie van die geldeenheid. Verskeie ekonome voorspel dat negatiewe groei vir die eerste kwartaal aangeteken is. Vir die jaar tot datum het die rand 1.3% van sy waarde verloor.
Ander sektore van die JSE het nie so goed soos die nywerheidsektor gevaar nie. Die finansiële en hulpbronne sektore het onderskeidelik 2.2% laer (FINI staan op -0.6% vir jaar tot datum) en 2.7% laer (+23.5% jaar tot datum) gesluit teenoor April. Dit was die eerste maand tot maand daling vir hulpbronne sedert die begin van die jaar.
ʼn Brokkie positiewe nuus het wel opgeduik toe Statistieke SA verlede week berig het dat die aantal huishoudings in SA wat van elektrisiteit voorsien is van 77.1% in 2002 na 85.5% in 2015 toegeneem het. Statistieke SA het ook aangekondig dat kragopwekking met ʼn lae 0.8% vir die jaar sover gestyg het teenoor April verlede jaar.
Moneyweb berig dat die eerste vyf maande van 2016 een van die stilste tydperke tot datum was betreffende korporatiewe samesmeltings en oornames in Suid-Afrika. Voortgesette politieke onstuimigheid, kommer oor dalende oliepryse, ekonomiese verlangsaming in ontluikkende markte en ʼn versigtige houding van beleggers het vertroue geknou en ʼn onsekere ekonomiese klimaat geskep.
ʼn Ondersoek na transaksies deur maatskappye wat op die JSE genoteer is toon dat daar vir die jaar tot datum ʼn groeiende neiging is om in die buiteland uit te brei. Maatskappye wat in die posisie is om vekrygings buite SA te doen het heelwat transaksies aangegaan om ‘n groter persentasie van verdienste in ander geldeenhede te verseker. Betreklik indrukwekkend gegewe die feit dat 79 van die 386 genoteerde maatskappye (20% van die mark) reeds winswaarskuwings uitgereik het.



Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























