BREXIT OORHEERS
PLAASLIKE MARKTE
Die verrassende uitslag van ‘n referendum in Brittanje om te besluit of die land lid-maatskap van die Europese Unie moet be-hou of prysgee – die ‘verlaat’ stem het gewen op 51.9% teenoor ‘bly’ op 48.1% – het opskrifte oorheers en die meeste markte, SA ingesluit, in ongekende wisselvalligheid gedruk met skerp dalings tot gevolg.
Ná afloop van die sogenaamde ‘Brexit’ stemuitslag het die JSE skerp laer gesluit toe die besluit markte verras het, hoewel dit in die laaste dae van die maand ietwat herstel het. Die Indeks van alle aandele was 3.1% laer vir die maand teenoor Mei (+3% jaar tot datum) terwyl die Indi-25 die maand 4.1% laer teenoor Mei afgesluit het. Vir die jaar tot datum is die Indi-25 1.1% laer.
Finansiële en hulpbron-aandele het ook die maand swakker afgesluit met die Fini-15 2.8% laer in Junie vergeleke met Mei (-3.4% vir die jaar tot datum) en die Resi-20 3.3% laer vir die maand (+19.3% jaar tot datum). Aandele soos BHP Billi-ton (-5.0% vir die maand) wat op meer as een beurs genoteer is het die indeks laer getrek.
Die plaaslike geldeenheid se wisselvallige pad duur voort en het die maand met 6.3% stewiger teen die Amerikaanse dollar afgesluit. Vir die jaar tot datum het die rand met 5.1% teen die dollar verstewig.
Die markreaksie op Brexit was goeie nuus vir goud en goudaandele was in Junie van die groot wenners op die JSE nadat beleggers veiliger opsies opgesoek het. Goud- en platina-aandele (en ander hulpbron-aandele) was in Junie van die beste presteerders. Die goudprys is 8,5% hoër en het ʼn hoogtepunt vir die afgelope twee jaar bereik op $1 358 per ons, ure nadat die stem-busse gesluit het. Moody’s het dit as goud se grootste lopie sedert die finansiële krisis van 2008 beskryf. Goudaandele Anglo Gold Ashanti en Sibanye Gold het onderskeidelik met 151.8% en 119.3% jaar tot datum gestyg.
Pan African Resources is jaar tot datum op +114.3%, ARM op +111.7% en Anglo America Plc op +104.4%. Die platinaprys is jaar tot datum 20% hoër wat platina-aandele soos Lonmin, Anglo America Platinum, Impala Platinum, Royal Bafokeng en Northam se aandeelpryse opgestoot het.
Wat ekonomiese data betref is nog slegte nuus bekend gemaak. Statistieke SA het aangekondig dat die ekonomie in die eerste kwartaal van die jaar met 1.2% gekrimp het. Ontleders het na dit as ʼn ‘skok’ verwys en die gevreese ‘resessie’ woord het begin opduik. Business Day berig dat die plaaslike resessie al ʼn ruk lank ontwikkel. “Die bewyse is oorweldigend,” aldus die koerant.
Die swak stand van ekonomiese sake is ook duidelik in die verkoopsyfers van nuwe voertuie, soos deur die Departement van Handel en Nywerheid uitgereik. Die syfers toon dat verkope in die ses maande tot Junie met 9.9% gedaal het in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.
Kenners van die motorbedryf verwag dat verkope vir die voljaar met 12% gaan daal, wat beteken dat verkope in die tweede helfte van die jaar met ongeveer 14% gaan afneem.
Die FNB Huisprysindeks vir Junie het met 7.4% jaar op jaar gestyg maar dit is grootliks gedryf deur hoër pryse wat in die Wes-Kaap behaal is. Elders is geen tot negatiewe groei aangeteken.
INTERNASIONALE MARKTE
DIE POND DAAL SKERP
Die pond het skerp gedaal danksy die Brexit uitslag en internasionale aandele en staatseffekte het ook dramaties verswak.
The Financial Times het dit as die grootste dalig in ʼn enkele dag beskryf en internasionale markte het $2 triljoen in waarde verloor. Die uitslag het ook tot gevolg gehad dat die Britse Premier, David Cameron, bedank het en Europese leiers het krisisvergaderings gehou om die pad vorentoe te bespreek. Ná verskeie dae van hewige skommelinge het internasionale markte in die laaste dae van Junie begin herstel.
Daar is ook verwagtings dat sentrale banke nuwe planne sal beraam om groei te steun. Voor die Britse stemmery het internasionale optimisme oor ekonomiese herstel ietwat getaan danksy swakker indiensnemingsyfers in die VSA, wat die Amerikaanse Fed laat besluit het om besluite oor rentekoersverhogings vir nou uit te stel.
Betreffende internasionale indekse – die S&P500 het die maand op +0.09% afgesluit, die Down Jones Nywerheidsindeks +0.8% vir die maand maar die Nasdaq Saamgestelde indeks (wat baie tegnologieaandele insluit) het die maand op -2.3% afgesluit. Die FTSE het vir die maand met 4.4% gestyg vergeleke met Mei terwyl die DAX maand tot maand 5.7% laer was. China se Shanghai Saamgestelde Indeks was +0.5% vir die maand en die Hang Seng Indeks 0.1% laer. In Japan het die Nikkei Junie 9.6% in die rooi afgesluit.




Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























