[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22.7″][et_pb_row _builder_version=”3.22.7″][et_pb_column type=”4_4″ _builder_version=”3.22.7″][et_pb_text _builder_version=”3.22.7″]
INTERNASIONALE MARKTE – LOPIE OP INTERNASIONALE MARKTE DUUR VOORT
MAATSKAPPYRESULTATE STEUN AANDEELPRYSE
Die prysstygings vir internasionale aandele het in April voortgeduur, ná die stewige stygings (+12.2%) wat vir die eerste kwartaal aangeteken is. Die MSCI Indeks vir Alle Lande het die maand 3.4% hoër gesluit, ondanks die nuus van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) dat groeiverwagtinge vir die internasionale ekonomie afwaarts aangepas is tot 3.3%, teenoor die vorige 3.5% wat in Januarie vir die jaar verwag is.
Maatskappyresultate het beter pryse in April gesteun en die S&P 500 het 4% hoër as in Maart gesluit. Hierdie indeks staan nou op +18% jaar tot datum. Meer as die helfte van die maatskappye wat in die S&P 500 ingsluit is het in April resultate aangekondig. Die gemiddelde groei van verdienste staan op 2.5% jaar op jaar. Dit is wel baie minder as die stygings van meer as 23% wat in die eerste kwartaal van 2018 bekend ge-maak is, maar daardie syfers was grootliks te danke laer korporatiewe belasting vir Amerikaanse maatskappye. Die positiewe verdienste-syfers het ver-wagtinge oortref – die meeste ontleders het voor die verdienste-syfer seisoen begin het algemeen verwag dat dit laer gaan wees.
Die Eurostoxx 50 Indeks het die maand 5.5% hoër af-gesluit, ondanks swak nywerheidsyfers wat in Duitsland en Frankryk bekend gemaak is. Dit het die Euro-area se blootstelling aan ʼn verlangsaming in in-ternasionale vraag bevestig.
Ontwikkelde markte het weereens beter (+3.5%) as ontluikende markte (+2.1%) gevaar, veral danksy ʼn swakker vertoning deur die Shanghai Saamgestelde Indeks (-0.4% vir die maand). Brasilië het ook nie waffers gevaar nie en in Indië het ʼn uitgerekte verki-esingsproses markte negatief beïnvloed. Die Turkse markte het ook swaargekry aangesien die geldeenheid van die land in die maand die swakste gevaar en met 6.7% teenoor die dollar verswak het.
STADIGER EKONOMIESE GROEI ONDERWERG
Die internasionale ekonomie het begin verswak en dit sal moeilik wees om in 2019 te beredder, volgens die jongste verslag deur die Brookings Institution en die Financial Times. Sentiment en ekonomiese aanwysers vir verskeie lande het sedert laat verlede jaar begin verswak, wat dui dat die momentum besig is om te verswak en dat nuwe ekonomiese planne as aanspor-ing nodig is. Die verslag neem verskeie aanwysers in ag en het na syfers vir die afgelope ses maande in Ameri-ka, Europa en China gekyk.
Professor Eswar Prasad of the Brookings Institution sê die stadiger groei dui sover nog nie op ʼn resessie nie maar dat ekonomiese groei in verskeie lande besig is om te stoom te verloor. “Dit voorspel niks goeds vir daardie ekonomieë nie, gegewe bestaande makro-ekonomiese beleid,” het hy gesê.
Bronne: Anchor Capital, Momentum, Financial Times, Wheels24, BusinessLive
PLAASLIKE MARKTE – GROOT AFWAGTING VIR VERKIESING
LIGTE BLY AAN, POSITIEWE ATMOSFEER OP MARKTE
Eskom het kragvoorsiening in April aangeskakel gehou, wat die algemene bui van Suid-Afrikaanse beleggers verbeter het te midde van die veldtogte deur politieke partye in aanloop na die verkiesing in Mei. Die Suid-Afrikaanse mark het intenasionale markte gevolg en die maand verstewig, die FTSE/JSE Indeks van Alle aandele het April 4.2% hoër as in Maart afgesluit. Nywerheid en finansiële aandele het die beste gevaar maar hulpbronne het ietwat verswak. Die Nywerheidsindeks het in April met 6.6% teenoor Maart gestyg, grootliks gesteun deur randverskansingsaandele.
Die Finansiële indeks het dieselfde styging behaal maar die Hulpbronne-indeks het maand op maand met 2% gedaal. Die dollarprys van goud het laat in April tot die laagste vlak in vier maande gedaal, danksy beleggers se keuse van meer riskante beleggings.
Palladiumpryse het op die laagste punt vir die maand teen 15% laer as die hoogtepunt in Maart 2019 verhandel, terwyl die platinaprys tot die beste vlak sedert Junie 2018 gestyg het. Die graderingsagentskap Moody’s se besluit kort na die sluiting van markte aan die einde van Maart om SA se skuld nie af te gradeer nie het die rand gesteun, wat in die eerste helfte van die maand 4% stewiger verhandel het was en vir ‘n wyle selfs laer as R14 teenoor die dollar. Dit het egter nie voortgeduur nie en die stewiger syfers het teen die einde van die maand verdwyn. Waarskynlik in afwagting op die uitslag van die verkiesing van 8 Mei.
HUISHOUDINGS BLY ONDER DRUK
Huishoudlike besteding het eens ‘n beduidende bydrae tot die BBP gemaak, maar die mees onlangse syfers toon deurlopende afnames. Die SA Reserwebank skryf dit toe aan hoër persoonlike belasting, wat sedert 2015 ʼn negatiewe impak op besteebare
inkomste het.
Die Bank verwag wel dat dit teen 2020 sal verbeter. Hoër elektrisiteitstariewe en ook stygings van onregstreekse belasting het ook druk op besteebare inkomste geplaas. Daardie druk op huishoudings is ook duidelik in die jongste Verbruikersvertroue indeks, wat 24 punte laer is as ʼn jaar gelede. Die kragprobleme van Maart was waarskynlik die grootste bydraende faktor (die opname is tussen 4 en 25 Maart gedoen, tydens die ergste onderbrekings), maar verskeie ander faktore dryf ook die negatiewe sentiment. Dit sluit onder meer die hoër brandstofprys in – Suid-Afrikaanse verbruikers betaal nou die tweede hoogste brandstofprys ooit, net sowat 2% laer as die rekordpryse van laat in 2018.
KLEIN VERBETERING IN VOERTUIGVERKOPE
Daar is in April 266 meer voertuie as in April 2018 verkoop, ʼn styging van 0.7% teenoor die 36 528 wat in April 2018 verkoop is. Uitvoerverkope het weereens besonder goed gevaar en 11 571 (+53.8%) meer voertuie is in April uitgevoer, vergeleke met die ooreenstemmende maand verlede jaar.
Van die 36 794 voertuie wat verkoop is, is 86% deur handelaars verkoop, terwyl die voertuig verhuringsmark vir 6.5% van die verkope verantwoordelik was en die regering het 2.6% van die nuwe voertuie gekoop.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]




Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























