INTERNASIONALE MARKTE
VSA EKONOMIE VAAR STEEDS GOED
Ekonomiese groei in Amerika duur voort en is nou vir 103 maande opwaarts. Dit is net 17 maande korter as die langste ekonomiese oplewing wat die VSA tussen 1991 en 2001 beleef het. Die Down Jones Nywerheidsindeks en die S&P 500 het deur die loop van die maand nuwe hoogtepunte behaal. Die S&P 500 het aan die einde van die maand sy dertiende rekord-hoogtepunt behaal – dit het op 26 Januarie 1.2% hoër gesluit; die grootste styging van die afgelope elf maande.
Die Dow Jones het in die eerste dae van die jaar nuwe hoogtepunte aangeteken en vir die eerste keer bo 25 000 punte gestyg. Dit was die indeks se sterkste lopie ná ʼn nuwe 1 000 punte mylpaal in die geskiedenis van die indeks. Die ander groot Amerikaanse indeks – die Nasdaq – was nie ver agter nie en het ook in die lopies van markte gedeel. Die Nasdaq saamgestelde indeks het vir die eerste keer ooit 7 000 punte behaal, net nege maande ná die vorige hoogtepunt van 6000; wat in April verlede jaar aangeteken is.
Voorgestelde belastingwysigings deur die Trump administrasie is steeds groot nuus in Amerika. Mark-kenners verwag dat dit groei vanjaar met 0.3% sal steun en met 0.2% in 2019. Inflasie styg steeds, hoewel matig en daar word verwag dat nog drie rentekoersverhogings aangekondig sal word.
Stewige vertonings is ook in die Eurosone aangeteken met verbeterings in vervaardigingsyfers en aangedryf deur positiewe sentiment wat op ekonomiese herstel gegrond is. Die beter ekonomiese omstandighede is nie net in die groter ekonomieë te bespeur nie, lande soos Griekeland vaar ook beter. Die positiewe ekonomiese vooruitsigte het daartoe bygedra dat verwagtinge dat lande die Europese Unie sal verlaat tot slegs 8% in Desember verlede jaar gedaal het. Heeltemal die tenoorgestele van die verwagting van 73% wat in Julie 2012 ná afloop van ekonomiese drama in Griekeland aangeteken is.
In die VK lyk sake egter nie so goed nie.
MarkCarney, Goewerneur van die Bank van Engeland, het onlangs opgemerk dat die VK ekonomie nou weens Brexit-onsekerheid een van die laagste groei-koerse in die G7 groep het, terwyl dit eens een van die was wat die sterkste gegroei het.
Die MSCI Wêreldindeks het Januarie 5.3% hoër afgesluit, grootliks gesteun deur ʼn styging van 5.7% in die S&P 500. Die Eurostoxx 50 indeks het aan die begin van die maand goed gevaar maar teen die einde van Januarie weer teruggesak. In Japan was die Nikkei 225 indeks 1.5% hoër. In Asië het markte 7.5% hoër gesluit en die MSCI EMEA (Europa, Midde-Ooste en Afrika) indeks het die maand 5.5% hoër afgesluit.
PLAASLIKE MARKTE
BETER SENTIMENT STEUN GELDEENHEID
Verskillende plaaslike gebeure het ʼn positiewe impak gehad en gesorg dat die rand in Januarie met byna 3.5% teen die Amerikaanse dollar verstewig het. Beleggers het optimisties geword weens die hoop dat die nuwe President van die ANC, Cyril Ramaphosa, nuwe beleidsrigtings vir Suid-Afrika sal lei. Volgens Fin24 het die geldeenheid die beste drie maande in byna tien jaar beleef. Baie markkommentators het verwys na die sogenaamde ‘Ramaphosa-effek, hoewel daar ook stemme opgegaan het dat mense versigtig optimisties moet wees aangesien daar nog baie onsekerheid bestaan. Die besluit om voort te gaan met ʼn ondersoek na staatskaping, ʼn nuwe direksie vir Eskom en die besliste houding dat daar nie met kern-kragplanne voortgegaan kan word weens begroting-stekorte nie, het tot die positiewe atmosfeer bygedra.
Die plaaslike mark het in Januarie nie betekenisvol presteer nie. Die FTSE/JSE Indeks van Alle Aandele het Januarie slegs 0.1% hoër gesluit en die verskillen-de sektore in die mark was uiteenlopend. Die Hulpbronne-indeks het die maand 3.2% hoër afgesluit dansky hoër kommoditeitspryse. Die Finansiële Indeks het met 3% gedaal, veral in die laaste week in reaksie op ʼn negatiewe verslag oor Capitec wat deur Viceroy Research gepubliseer is. Die Nywerheidsindeks het die maand op 0.4% hoër afgesluit. Randverskansingsaan-dele het danksy die stewiger geldeenheid nie watwon-ders gevaar nie. Genoteerde eiendom het in Januarie skerp gedaal (-9.9%) weens spekulasie dat maatskappye in die Resilient-groep in ʼn ongunstige verslag van Viceroy genoem sou word.
Voortslepende risiko van afgradering en ʼn onlangse skerp styging in olie-prsye het daartoe bygedra dat die SA Reserwebank (SARB) by ʼn verga-dering van sy monetêre beleidskomitee in Januarie besluit het om rentekoerse onveranderd op 6.75% te hou. Hoewel die SARB op die beter inflasiesyfer sedert November ag geslaan het, is daar steeds risikos vir hoër inflasie in die maande wat voorlê.
Daar word verwag dat inflasie gemaklik binne die teikensyfer sal bly en kommentators verwag nie meer as een verlaging van 25 basispunte vir die jaar nie.
Die ‘Ramaphosa-effek’ het ook tot beter syfers in die Absa aankopersindeks (PMI) aanleiding gegee. Die seisoensaangepaste PMI syfer het in Januarie tot die beste vlak in nege maande verbeter danksy beter sake-aktiwiteit en stygende bestellings. Business Day het berig dat die PMI ʼn betroubare aanwyser is vir vervaardigingsyfers wat deur Statistiek SA uitgereik word. “Die styging was waarskynlik te danke aan die verkiesing van Ramaphosa as ANC President. Deelnemers aan die aankopersverslag blyk optimisties dat Ramaphosa sake-vriendelike veranderinge te weeg sal bring wat groei sal steun,” aldus die koerant se berig.
Verkope van nuwe voertuie het in Januarie gedaal maar die bedryf blyk positief oor die vooruitsigte vir die jaar. Die totale syfer vir alle voertuie was 45 888, 8.9% laer as die 50 386 wat in Januarie 2017 verkoop is. Motorverkope het met 11.6% tot 36 908 gedaal en die verkope van alle soorte handelsvoertuie het ook afgeneem. Volgens Business Day se verslag was dit veral laer aankope deur die motorverhuringbedryf wat tot die laer syfer bygedra het. Kenners van die bedryf meen sake sal beter lyk as die 1.8% groei wat in 2017 behaal is. Uitvoerverkope het goed gevaar en was op 14 212 ʼn stewige 22% hoër as verlede jaar.



Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























