INTERNASIONALE MARKTE
GEMENGDE PRESTASIE OP INTERNASIONALE MARKTE
Die vooruitsigte vir verskeie markte is steeds nie besonder positief nie en die swakker groei kan erger word. Dit was die kommentaar van die Inter-nasionale Monetêre Fonds (IMF) in ʼn verklaring wat laat in Augustus uitgereik is voor ʼn vergadering van die G20 in komende dae. Volgens die verklaring het die onvermoë van beleidmakers om diepgewortelde probleme in die grootste ekonomieë op te los die internasionale ekonomie op ʼn pad van die slegste groei vir drie dekades geplaas. “Die politieke pendulum dreig om teen ekonomiese openheid te swaai. Sonder betekenis-volle beleidsbesluite kan die wêreldekonomie vir ʼn baie lang tyd teleurstellende groei ervaar,” sê die Besturende Direkteur van die IMF, Christine Lagarde.
In die VSA het die S&P500 se lopie van vyf maande tot ʼn einde gekom en die indeks het die maand 0.1% laer as in Julie afgesluit. Dit was ondanks die feit dat dit ʼn nuwe hoogtepunt bereik het op 11 Augustus. Op daardie dag het die S&P500, die Dow Jones Nywerheidsindeks en die Nasdaq elkeen op rekord hoogtepunte gesluit, ʼn verskynsel wat die laaste keer in Desember 1999 aangeteken is. Die Dow was ook laer vir die maand en het 0.2% laer as in Julie gesluit. Die Nasdaq het beter gevaar en was 1% hoër as aan die einde van Julie. Die FTSE het maand tot maand met 0.8% gestyg, die DAX was 2.5% hoër vir die maand terwyl die CAC onveranderd was.
China se Shanghai saamgestelde Indeks het 3.6% hoër gesluit vir die maand, die Hang Seng was 5% hoër en die Nikkei 1.9% hoër vir die maand.
Die ander groot nuus uit die VSA was die aankon-diging deur die Fed Voorsitter, Janet Yellan, dat rentekoersverhogings in Amerika geleidelik sal gebeur. Yellen het gesê die moontlikheid van verhogings is nou sterker danksy voorgesette goeie syfers betreffende indiensneming en die voor- uitsigte vir ekonomiese aktiwiteit en inflasie.
BRENTHURST MAAK MET TROTS BEKEND DAT DIE MAATSKAPPY AS NOMMER 4 VAN ALLE BOETIEK WELVAARTMAATSKAPPYE AANGEWYS IS IN DIE 2016 INTELLIDEX OORSIG VAN PRIVATE BANKE EN WELVAARTBESTUURDERS. “Kliënte het hoë agting vir BRENTHURST se algemene advies oor die bestuur van welvaart. Dit wat die maatskappy doen, doen hy goed en kliënte het hoë agting daarvoor.” – Intellidex 2016 Verslag.
PLAASLIKE MARKTE
WIPPLANK VIR MARKTE EN GELDEENHEID TERWYL POLITIEKE DRAMA ONTVOU
Na dit vir die grootste deel van die maand verstewig het, het die rand in die laaste dae van Augustus sy swakste vertoning vir maande aangeteken terwyl staatskuld die sterkste daling sover vanjaar beleef het en ʼn gevoel van ‘alweer’ markte getref het. Kommer dat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, sy werk gaan verloor het media berigte oorheers, markte onseker gemaak en alles afwaarts gedruk. Die nuus uit die VSA dat rentekoerse dalk vroeër as aanvanklik verwag kan styg het ook die geldeenheid onder druk geplaas. Die rand het die maand 6% laer as aan die einde van Junie afgesluit en tot sy swakste vlak in byna twee maande teen die dollar gedaal. Vir die jaar tot datum was die rand einde Augustus 5% hoër as die skrikwekkende daling van Desember 2015 toe die President die vorige Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, afgedank het.
Die politieke nuus het ook die JSE afwaarts gedruk. Die Indeks van Alle Aandele het 0.1% gedaal teenoor Julie (4% hoër jaar tot datum) terwyl die Indi-25 die maand 1.5% hoër afgesluit het (jaar tot datum (-0.5%). Finansiële aandele het die swaarste gekry weens die Gordhan/Valke drama en die Fini-15 was aan die einde van die maand 2.9% laer as in Julie (jaar tot datum op -3.7%). Hulpbronne het ook verswak en die Resi-10 was 0.7% laer vir die maand, hoewel hierdie indeks vir die jaar tot datum 22.5% hoër is as verlede jaar. Harmony Gold (+236.2%) was weereens die aandeel wat die beste vertoon het jaar tot datum, gevolg deur Kumba (+224.9% jaar tot datum) en Assore (+167.5%).
Die inflasiesyfer was ietwat beter as wat die mark verwag het maar behalwe daarvoor was daar bitter min postiewe ekonomiese nuus. Die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BER) het die seisoens- aangepaste Barclays Aankopersindeks (PMI) bekend gemaak wat ʼn daling van 6.2 indekspunte aangeteken het om op 46.3 te eindig. Die BER sê in sy oorsig dat dit iewat van ʼn verrassing was aangesien die indeks die voorafgaande vyf maande bo die neutrale 50-punt merk gebly het. Die daling is gedryf deur ʼn skerp daling in die nuwe bestellings-indeks en die tweede agtereenvolgende maan-dellikse daling van die die sake-aktiwiteit-indeks. Albei daardie indekse is nou onder die neutrale 50-punte kerf.
Die verkope van nuwe voertuie daal steeds, grootliks danksy voorgesette swakker toestande in die mark vir nuwe motors. Totale voertuigverkope was in Augustus 46 146 eenhede na dit met 4 839 gedaal het, of 9.5%, teenoor die 50 985 voertuie wat in Augustus verlede jaar verkoop is. Uitvoerverkope van voertuie was 35 620 in Augustus, ʼn stewige styging van 7 508 voertuie (26.7%) teenoor die 28 112 voertuie wat in Augustus verlede jaar uitgevoer is. Verbruikers is duidelik onder druk en 4 567 minder motors, ʼn daling van 13.1%, is in Augustus verkoop.
Die moontlikheid dat SA aan die einde van die jaar wel afgegradeer gaan word is deur verskeie kom-mentators geopper, danksy die Gordhan kwessie en die aankondiging deur die grootste vasteinkomste geldbestuurder, Futuregrowth, dat hy lenings aan die grootste staatsbeheerde instansies opgeskort het.




Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























