INTERNASIONALE MARKTE
MARKTE ONDER DRUK
Internasionale markte was in September onder druk en in die VSA het die S&P500 Indeks die maand 0.1% laer as Augustus afgesluit terwyl die Dow Jones Nywherheidsgemiddeld die maand 0.5% in die rooi afgesluit het. Die Nasdaq Saamgestelde Indeks was 1.7% hoër as Augustus. Die FTSE 100 Indeks was 1.7% hoër as aan die einde van Augus-tus, die DAX was 0.8% laer. Die CAC was effens op en was aan die einde van September 0.2% hoër as einde Augustus.
China se Shanghai Saamgestelde Indeks het grootliks die stygings van Augustus uitgewis en het Septem-ber 2.6% laer afgesluit. Die Hang Seng was vir die maand 1.5% hoër as Augustus. In Japan was die Nikkei 2.6% laer teenoor die vorige maand danksy swakker as verwagte verbruiks- en inflasiedata en voortgesette druk op die Bank van Japan om monetêre beleid te verslap.
Ekonomiese data wat in die VSA vrygestel is het die Amerikaanse Fed laat besluit om Amerikaanse rentekoerse onveranderd te hou. Die vorige rente-koersverhoging was in Desember 2015, die eerste in byna ʼn dekade.
Kommer oor die algemene stand van ekonomiese sake wêreldwyd is in die aanloop van vergaderings van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en Wêreldbank, wat in Oktober plaasvind, uitgespreek. Bloomberg het berig dat stagnerende lone en krimpende werksekuriteit die moontlikheid van onrus versterk wat die reeds sukkelende wêreld- ekonomie erg kan knou. Die Besturende Direkteur van die IMF, Christine Lagarde, het die internasio-nale ekonomie as ‘swak en kwesbaar’ beskryf.
“Die internasionale ekonomie is amper soos ʼn motor sonder enige bestuurder wat in die stadige baan vassit. Almal voel dat alles nie pluis is nie maar hulle is senuweeagtig wat niemand is seker wie is in beheer nie,” was die kommentaar van David Stockton, voorheen ʼn amptenaar by die Fed en nou hoofekonoom van LH Meyer Inc raadgewers.
PLAASLIKE MARKTE
ONSEKERHEID DUUR VOORT MAAR GELDEENHEID VERBETER
Die rand het volgens Deutsche Bank beter gevaar in September en het met 7.4% teen die dollar verstewig, was 8.5% sterker teen die pond en 6.6% sterker teen die euro. Die plaaslike media het in September berig dat die graderingsagentskap Moody’s ná ʼn onlangse besoek aan Suid-Afrika aangedui dat die waarskylikheid van ʼn afgradering nie tans betekenisvol sterker is nie. Die agentskap het wel benadruk dat hy van die regering verwag om beloftes van beleidshervoming en fiskale beheer, beter aanpasbaarheid betreffende arbeidsake en die hervorming van Staatsbeheerde maatskappye na te kom. As dit nie gebeur nie kan hy sy besluit of oordeel soos verlede maand aangedui, verander.
Ekonomiese data wat vrygestel is was beter as wat verwag is en het kommer dat SA ʼn tegniese resessie (twee agtereenvolgende tydperke van ekonomiese verswakking) sal beleef, ietwat verlig. Bloomberg het berig dat die ekonomiese groei van 3.3% vir die kwartaal die beste vir SA was sedert 2014. Jaar op jaar is die ekonomiese groeikoers ʼn skrale 0.6%. Die verbruikersprysindeks (VPI) was in Augustus 5.9% en die SA Reserwebank het besluit om die rentekoers onveranderd te hou op 7%. Die Reserwebank het ook sy groeiverwagtinge vir SA vir die jaar opwaarts aangepas na 0.4% teenoor die vorige 0%. Handelsdata was geen goeie nuus nie en het getoon dat die handelsbalans van ʼn oorskot van R5 miljard in Julie, in Augustus na ʼn tekort van R8.6 miljard agteruitgegaan het.
Die JSE het die maand laer afgesluit danksy voortslepende kommer betreffende die posisie van die Minister van Finansies Pravin Gordhan en onsekerheid oor die rigting van rentekoerse in Amerika. Die Indeks van Alle Aandele het die maand 1.5% laer as in Augustus afgesluit (jaar tot datum op met 2.5%). Na dit moeilike verhandelingsyfers in Augustus beleef het, het finansiële aandele effens beter gevaar en die maand 0.4% hoër as Augustus afgesluit (jaar tot datum -3.3%). Hoër kommoditeitspryse het hulpbron-aandele gesteun en die Resi-10 het die maand 4.4% beter as September afgesluit (vir die jaar tot datum is die indeks 27.8% hoër). Impala Platinum was die aandeel wat in September die beste vertoning aangeteken en het met 23.1% teenoor Augustus gestyg. EOH Holdings was in die tweede plek en het die maand op +16.6% teenoor Augustus afgesluit.
Die aandeel wat die swakste gevaar het was kleinhandelaar Mr Price Group ná die maatskappy in Augustus swakker handelsyfers bekend gemaak het. Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê daar het ʼn verskuiwing in verbruiksbesteding plaasgevind en dat hoër werkloosheid en swak ekonomiese groei verbruikersvertroue en besteding knou.
Daar was ʼn sweem van hartseer toe die JSE vir SAB totsiens gesê het. Dit was die eerste nywerheidsmaatskappy wat so lank terug as 1897 op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is. Nou, byna 120 jaar later, gaan dit van die JSE verdwyn aangesien dit deur AB Inbev ingesluk gaan word nadat daardie maatskappy se verkryging van SAB Miller – ter waarde van £79 miljard – deur aandeelhouers aanvaar is. Business Day het in redaksionele kommentaar hieroor geskryf en gesê Suid-Afrikaners het waarskynlik die name van die meeste ander nywerheidsmaatskappye wat so lank terug genoteer is vergeet, maar dat SAB korporatiewe sterstatus behaal het met sy gewilde handelsmerke soos Castle Lager. SAB het sedert die jare 50 ʼn oorheersende posisie beklee en van sy mededingers oorgeneem. Die maatskappy het vinnig werk gemaak van uitbreiding na verskeie ander lande na handelsbeperkings in die jare 90 vir SA begin verbeter het.
Die moeilike handelstoestande vir die motorbedryf duur voort. Business Day berig dat groot dalings in September aangeteken is. Die verkope van nuwe voertuie was 14.3% laer op 47 399 eenhede vergeleke met September verlede jaar. Die verkope van nuwe passasiersvoertuie was in September 14.4% laer en het tot die daling van 12.4% vir die jaar bygedra. Die syfers vir September toon dat die dalings spoed opgetel het – in Augustus was die syfers 13.1% laer teenoor dieselfde maand in
2015.
Syfers vir vervaardiging wys dat dié sektor geen noemenswaardige bydrae tot ekonomiese groei lewer nie. Die Barclays Aankopersindeks het in September met 3.2 punte gestyg maar is op 49.5 punte vir die tweede agtereenvolgende maand steeds onder 50. ʼn Lesing van minder as 50 dui op ʼn verlangsaming in aktiwiteit. Vervaardigers hoop vir een of ander steun van die Minister van Finansies wanneer die tussentydse begroting in Oktober bekend gemaak word.



Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























