INTERNASIONALE MARKTE
VSA INDEKSE STEWIGER, VK EN CHINA ONDER DRUK
Ondanks spanning tussen die VSA en Noord-Korea en kommer rondom ʼn verkiesing in Frankryk, het die meeste internasionale markte April positief afgesluit. Die Britse en Chinese markte was onder druk. Beleggers bly versigtig danksy onsekerheid rondom gebeure in Sirië en die kanse van toene-mende konflik tussen die VSA en Noord-Korea en die uitslag van die eerste rondte van die verkiesing in Frankryk. In die VSA het al drie die vernaamste indekse maand-op-maand stygings aangeteken – die Dow Jones Nywerheidsindsk (DJIA) het die maand 1.3% stewiger afgesluit (+6.0% jaar tot datum), terwyl die S&P 500 (+6.5% jaar tot datum) en die NASDAQ (+12.3% jaar tot datum) die maand onderskeidelik op +0.9% en +2.3% afgesluit het. Dit was die sesde agtereenvolgende styging vir die NASDAQ en hierdie indeks het ook vir die eerste keer bo die 6000 kerf verhandel.
Ekonomiese aanwysers in die VSA het in April gemengde welslae behaal. Ekonomiese groei was vir die eerste kwartaal op 0.7%, laer as wat verwag is, terwyl verbruiker-sentiment hoër was vergeleke met die laaste kwartaal van 2016.
In Europa het die DAX in Duitsland vir die maand met 1.0% gestyg (+8.3% vir die jaar tot datum), die CAC in Frankryk was vir April 2.8% stewiger as in Maart (+8.3% jaar tot datum) maar die VK se FTSE 100 het die maand 1.6% in die rooi afgesluit (+0.9% jaar tot datum). Inflasie in die Eurosone het in April op 1.9% te staan gekom (die hoogste syfer sedert 2013), grootliks danksy stygings in energiekoste. Ekonomiese groei in die VK vir die eerste kwartaal was slegs 0.3% teenoor die koers van 0.7% vir die laaste kwartaal van 2016. Die grootste daling in kleinhandelverkope in sewe jaar is in die VK bekend gemaak.
In die Ooste het Japan se Nikkei April op +1.5% afgesluit (+0.4% jaar tot datum) terwyl nywer-heidsproduksie in daardie land in Maart met 2.1% gedaal het. In China het politieke besluite die Shang-hai Saamgestelde indeks afgedruk en dit het die maand 2.1% laer as in Maart afgesluit (jaar tot datum +1.6%). Die Hang Seng in Hong Kong het die maand op +2.1% agesluit (+11.9% jaar tot datum).
Brent ru-olie pryse is onder druk en het in die maand met 2.1% gedaal. Oliepryse het in die maand skielik gedaal ná dit bekend geword het dat Libië produksie hervat het en weens onsekerheid oor Opul se produksiebeslute. Die goudprys het in die maand met 1.5% gestyg en die platinaprys het die maand 0.4% laer afgesluit.
BRENTHURST SE GEWILDE SEMINAARREEKS – “SUID-AFRIKA QUO VADIS?”, WAT IN SAMEWERKING MET MONEYWEB AANGEBIED WORD, KEER IN JUNIE TERUG.
Seminare word aangebied in Johannesburg (13 Junie), Kaapstad (20 Junie) en Stellenbosch (21 Junie). Kundige sprekers Magnus Heystek, beleggingstrateeg en direkteur van Brenthurst Wealth, politieke ontleder Nic Borain, beleggingskenner Sam Houlie van Counterpoint Batebestuur en Ryk van Niekerk, redakteur van Money-web, sal die stand van sake betreffende politiek, die ekonomie en beleggingsvooruitsigte bespreek en hul insigte deel oor wat in komende maande verwag kan word. Besprekings is aanlyn op Quicket. Klik hier: https://www.quicket.co.za/events/?search=Brenthurst.
PLAASLIKE MARKTE
JSE SLUIT STEWIGER AF ONDANKS AFGRADERING
In Suid-Afrika is daar gereeld gebeure wat markte beïnvloed. In April was dit die aankondiging van lankverwagte afgraderings wat gevolg het kort op die hakke van ʼn kabinetskommeling wat in die laaste dae van Maart deur President Jacob Zuma aangekondig is. Graderingsagentskap Fitch het SA se plaaslike en internasionale buitelandse valuta kredietgradering na BB+ afgegradeer. Die rand het nie betekenisvol op dit reageer nie aangesien dit algemeen verwag was ná die besluit van S&P Global om SA tot sub-beleggingsgradering af te gradeer. Die geldeenheid het die maand effens hoër afgesluit (+0.3% vir die maand teen die Amerikaanse dollar, ná dit weens ʼn swakker dollar van die laagste vlakke in onlangse weke herste het).
Ondanks die politieke gebeure het die JSE ʼn positiewe maand beleef en die FTSE JSE Indeks vir Alle aandele het April 3.4% hoër as in Maart afgesluit (jaar tot datum +6.2%). Die mark is gesteun deur randverskansing nywerheidsaandele, wat die grootste deel van die JSE uitmaak. Naspers het ʼn groot bydrae gelewer danksy sy belegging in die Chinese internetreus Tencent (Naspers besit 34.5% van Tencent). Die Indi-25 het ʼn goeie maand gehad en April op +5.9% teenoor Maart afgesluit en is nou 12.6% op vir die jaar tot datum. Die Fini-15, wat in Maart met 2.2% verswak het, het ʼn beter maand gehad en die maand op +3.2% afgesluit (-0.2% vir die jaar tot datum). Die Resi-20 het teleur gestel en met slegs 0.1% verstewig teenoor die vorige maand (+0.7% jaar tot datum).
Nywerheidsaandele het in April weereens vir die beste prestasie gesorg. Beste was Lonmin PLC wat die maand op +30.9% teenoor Maart afgesluit het. Tweede beste prestasie was Finbond Group Ltd op +22.2% en in die derde plek was Mediclinic International PLC op +18.3%. Aandele wat die swakste maand beleef het was Group Five op -25.5%, gevolg deur Adcorp Holdings (-16%) en Grindrod (-15.9%).
Vir die jaar tot datum vaar Trencor die beste op +41.1%, gevolg deur Finbond Group (+32%) en Exxaro Resources (+27.2%). Swakste presteerders vir die jaar tot datum is Group Five (-36.5%), Consolidated Infastructure (-24.1%) en Invicta Holdings (-20.4%).
Wat ekonomiese data betref het die handelsbalans in Maart tot R11.44 miljard verbeter ná die onverwagte R5.2 miljard surplus wat in Februarie aangekondig is ná uitvoere maand op maand met 16% verstewig het. Danksy swakker voedselinflasie het die verbruikersprysindeks in Maart tot 6.1% jaar op jaar gestyg, die laagste inflasiekoers vir ses maande en laer as die 6.3% wat die mark verwag het. Hoewel sommige ekonomiese aanwysers positief lyk, het Moneyweb berig dat ontleders nie die moontlikheid van resessie uitsluit nie. “Aanwysers soos die sakevertroue-indeks staan op 40, wat ʼn aanduiding is dat die ekonomie nie te waffers vaar nie en dat plaaslike beleggers steeds betreklik negatief is,” aldus Moneyweb se berig vroeg in Mei. “Die Aankopersindeks (PMI) bevestig die negatiewe sentiment. “Die PMI meet vertroue en het afgesak na ʼn lesing van 44.7 teenoor die vorige syfer van 50.9.”
Die motorbedryf in die besonder het ʼn slegte maand beleef. Die verkope van nuwe voertuie in alle kategorieë, met die uitsondering van mediumgrootte handelsvoertuie, het in April skerp gedaal en dubbelsyfer dalings is aangeteken. Volgens die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van SA (Naamsa) is die laer syfers deels te danke aan baie vakansiedae in April. “Die openbare vakansiedae het uitvoer van voertuie en ook plaaslike verkope geraak,” het Naamsa in sy verslag gesê. ʼn Totaal van 34 956 voertuie is in April verkoop, 5 392 minder (-13.4%) as die 40 348 wat in April 2016 verkoop is. Uitvoerverkope was 24 449, ʼn skerp daling van 25.5% vergeleke met die syfer van 34 956 vir April verlede jaar. Volgens Naamsa was 90.1% van verkope in April deur handelaars, 4.3% is deur die motorhuurbedryf gekoop, 3.1% is aan korporatiewe vlootaankopers verkoop en 2.5% is deur die staat aangekoop.



Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























