INTERNASIONALE MARKTE
DOW JONES NYWERHEIDSINDEKS BEREIK NUWE HOOGTEPUNTE
Februarie was ʼn besonder positiewe maand vir Amerikaanse aandele. Die Dow Jones Nywer-heidsindeks het op Maandag 27 Februarie vir die 12e agtereenvolgende sessie nuwe hoogtepunte bereik (die langste lopie sedert deurlopende rekord hoogtepunte in 1987 aangeteken is), ná President Trump aangekondig het dat hy oor sy planne vir besteding aan infrastruktuur sal praat tydens sy eerste beleidstoespraak aan die Amerikaanse Kongres die volgende dag. Hoop vir laer belasting, eenvoudiger regulasies en hoop vir nuus betreffende besteding aan infra-struktuur het die lopies aangeblaas. ʼn Ver-sigtiger atmosfeer het die volgende dag in markte geheers en die Dow het op die laaste dag van Februarie effens laer (-0.1%) gesluit. Die indeks het wel ʼn indrukwekkende styging van 4.77% vir die maand aangeteken is vir die jaar tot datum 5.31% hoër.
Die S&P500 het ook goed gevaar en die maand op +3.72% afgesluit (+5.57% jaar tot datum) en die NASDAQ was ook stewiger op 3.75% vir die maand (+8.22% vir die jaar tot datum). Soortgelyk aan sy toespraak met sy inhuldiging het President Trump se toespraak aan die Kongres ondanks hoë verwagtinge min werklike besonderhede op-gelewer rakende sy planne om die Amerikaanse ekonomie te stimuleer. Volgens woordvoerders van die Wells Fargo Investment Institute was die toespraak “sonder detail en markte se reaksie was wisselvallig en sonder enige rigting”.
In Europa het die FTSE 100 Indeks met 2.31% vir die maand gestyg (+1.69% jaar tot datum). Die Duitste DAX het die maand met 2.59% gestyg (+3.08% jaar tot datum) en die Franse CAC was 2.31% stewiger vir die maand hoewel dit vir die jaar tot datum byna onveranderd is op +0.08%. In Asië het aandele ook beter vertoon, gesteun deur die lopies op Wallstraat. Japan se Nikkei was 0.4% hoër vir die maand terwyl China se Shanghai Saamgestelde Indeks in Februarie 2.61% stewiger was. Die Hang Seng Indeks in Hong Kong het in Februarie met 1.63% gestyg ná die sterk lopie (+6.2%) van Januarie. Daardie indeks is nou 7.91% stewiger vir die jaar tot datum.
Wat kommoditeite betref was oliepryse grootliks onveranderd (-0.02% vir die maand) maar speku-lasie dat Amerikaanse produksie gaan toeneem was in teenstelling met die verwagting dat daar aan OPUL se produksie-ooreenkomste voldoen sal word. Die goudprys het ʼn wisselvallige maand gehad maar tog die maand 3.1% hoër as in Janu-arie afgesluit (jaar tot datum is die prys 8.8% hoër). Die platinaprys het verskeie kere deur die loop van die maand tot onder $1 000 per ons geval maar die maand op 3.0% hoër as Januarie afgesluit.
PLAASLIKE MARKTE
STERKER RAND HET IMPAK OP RANDVERSKANSINGSAANDELE
Die plaaslike mark het in Februarie terug gesak ná dit in Januarie die nuwe jaar goed afgeskop het. Die FTSE JSE Indeks van Alle Aandele het die maand 3.1% laer as die vorige maand gesluit, hoewel die mark wel vir die jaar tot datum ietwat stewiger is (+1%). Lopies op internasion-ale markte het min uitwerking gehad danksy swakker vertonings van hulpbronaandele en ʼn sterker geldeenheid en natuurlik ook die deur-lopende politieke risiko’s het die mark afgedruk.
Die hulpbronne sektor het die stygings van Janu-arie terug gegee en die Resi-20 het vir die maand 10.7% gedaal. Finansiële aandele bly steeds onder druk en het die maand so te sê onve-randerd afgesluit (-0.1% teenoor Januarie). Die rand het goed gevaar teen die dollar en die maand 2.6% stewiger afgesluit; jaar tot datum is die plaaslike geldeenheid 4.5% stewiger. Die sterker rand het ʼn impak gehad op randverskansingsaandele, wat ‘n groot deel van die plaaslike mark uitmaak.
In Januarie het hulpbronaandele die beste ver-toning aangeteken maar in Februarie was dit grootliks nywerheidsaandele.
Die konstruksiegroep Murray & Roberts het die beste vertoning vir die maand aangeteken en met 36.5% teenoor Januarie gestyg; by verre die beste vertoning van die maand. In die tweede plek was Hudaco (+22.7%) en die derde plek was die gediversifiseerde nywerheidsgroep KAP (+20.1% vir die maand). Die swakste vertonings was aangeteken deur Impala Platinum (-17.6% vir die maand), African Rainbow Minerals (-15.8%) en BHP Billiton PLC (-14.6%).
President Jacob Zuma se openingsrede in die Parlement het teleur gestel aangesien min tot geen besonderhede verstrek is oor maniere wat ingespan gaan word om die ekonomie te stimu-leer nie. Politieke risiko bly ʼn negatiewe faktor en spekulasie dat ʼn kabinetskommeling aangekondig gaan word – wat kan beteken dat die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, uit sy pos geskuif gaan word – duur voort.
Aan die ekonomiese front het die handelstekort op R10.8 miljard verras aangesien dit heelwat hoër is as wat verwag is. Hoewel dit jaar op jaar effens beter lyk was uitvoersyfers swakker as wat algemeen voorspel is. Verbruikersinflasie het in Januarie effens verbeter tot 6.6% teenoor die 6.8% van Desember verlede jaar. Voedselpryse en vervoerkostes lewer steeds die grootste bydraes tot die inflasiesyfer en het onderskeidelik met 11.4% en 6.7% jaar op jaar gestyg.
Kredietverskaffing in die private sektor het in Jan-uarie op 5.6% jaar op jaar gestaan teenoor 5.1% groei jaar op jaar in Desember, grootliks weens stygings in lenings en voorskotte in die korpo-ratiewe sektor.



Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























