INTERNASIONALE MARKTE
GROOTSTE INTERNASIONALE MARKTE BELEEF GOEIE MAAND
Die vernaamste internasionale markte het in Mei goed gevaar onlangs politieke spanning ná Noord-Korea ʼn derde missieltoets in minder as drie weke uitgevoer het. Beter verdienste deur Amerikaanse maatskappy en positiewe ekonomiese data het Amerikaanse aandele in Mei gesteun en die grootste indekse het die maand positief afgesluit. Die S&P 500 en die Nasdaq Saamgestelde indekse het in Mei nuwe hoogtepunte aangeteken en al drie die vernaamste Amerikaanse indekse (Dow Jones, S&P en Nasdaq) het beter syfers teenoor April aangeteken. Die Nasdaq het die maand op +2.5% afgesluit, die sewende maand van stygings vir hierdie indeks en die langste aaneenlopende lopie sedert 2013, terwyl die S&P 500 op +1.2% en die Dow op +0.3% gesluit het teenoor die vorige maand.
In Europa was markte onder druk weens onsekerheid oor ‘n verkiesing in die VK en verrassende inflasiesyfers. Tog het die euro-gebied die beste ekonomiese data in meer as ‘n dekade aangekondig. Indrukwekkende groei is deur maatskappye bekend gemaak en sommige sukkel om by die vraag na goedere by te bly. Die DAX in Duitsland het die maand op +1.4% afgesluit, Frankryk se CAC was 0.3% hoër, die VK se FTSE100 het 4.4% hoër as die vorige maand gesluit.
In Asië het Japan se Nikkei die maand 2.4% hoër as April afgesluit. In China het die Shanghai Saamgestelde indeks die maand 1.2% laer afgesluit. Dit was die indeks se derde agtereenvolgende maand van dalings wat deels deur die afgradering van China geraak is. Ontleders bly positief oor groei-vooruitsigte vir China.
Vervaardigingssyfers het die mark se verwagtinge oortref en dit wil voorkom of afwaartse druk op China se ekonomiese groei-vooruitsigte verbeter het. Honk Kong se Hang Seng Indeks het met ʼn indrukwekkende 4.3% vir die maand gestyg, die grootste styging sedert Januarie.
PLAASLIKE MARKTE
POLITIEKE DRUK RAAK JSE EN GELDEENHEID
Die beste nuus van die maand was die aankondiging dat verbruikersprysinflasie nou op 5.3% jaar op jaar staan, die laagste in 17 maande. Dit was grootliks danksy beduidende verbetering van voedselprysinflasie ná die ergste droogte in dekades in die meeste voedselproduseringgebiede in SA geëindig het.
Die plaaslike beurs het nie te waffers gevaar nie, danksy negatiewe sentiment aangevuur deur voortslepende politieke drama wat onsekerheid aanblaas. Onthullings van epos boodskappe wat die beweere invloed van die Gupta-familie op die staat en President Jacob Zuma uitwys het groot opslae gemaak. Die rand het tot onder R13 teen die Amerikaanse dollar gedaal enkele dae voor ʼn vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee toe hoop onstaan het dat die President oplaas deur die ANC herroep sal word. Dit het nie gebeur nie en die plaaslike mark en geldeenheid was weereens onder druk. Die rand het nogtans die maand op +1.9% teenoor April afgesluit danksy verswakking van die dollar.
Op die JSE het die FTSE JSE Indeks van Alle Aandele Mei 0.5% in die rooi afgesluit (jaar tot datum +5.7%) na dit in April goed gevaar het. Die Resi-20 en Fini-15 het ook verswak op onderskeidelik -3.5% en -1.8% vir die maand. Nuus dat China se kredietgradering vir die eerste keer in byna 30 jaar afgegradeer is het ontluikende markte wêreldwyd seergemaak en die plaaslike mark was geen uitsondering nie. Die Indi-25 het baie beter gevaar en die maand 1.8% hoër afgesluit, gesteun deur goeie prestasies van verskeie nywerheidsaandele, in die besonder Naspers. Vir die jaar tot datum is die Indi-25 nou 14.7% hoër terwyl die Resi-20 en Fini-15 onderskeidelik 2.8% en 2.0% laer is vir die jaar tot datum.
Nywerheidsaandele het in Mei die beste gevaar met Group Five bo-aan die lys op +28.2% vir die maand. In tweede plek was Dis-Chem (+17% vir die maand)gevolg deur Nampak (+14.5%). Hulpbronaandele, in die besonder goud en platina-aandele het die swakste gevaar ná die afgradering van China druk op kommoditeitspryse geplaas het. Sibanye Gold (-41.5% maand op maand) het die slegste gevaar, gevolg deur Lonmin (-33.4% vir die maand) en Adcorp Holdings (-20.9%).
Vir die jaar tot datum behoort die beste prestasie aan Naspers (+34.8%), Adcock Ingram (+28.1%) en Astral Foods (+24.1%).
Ander groot nuus wat in Mei aangekondig is was die besluit van General Motors (GM) om aan SA te onttrek. Die sakeblad Financial Mail het berig dat hoewel die SA voertuigbedryf gemeet aan die internasionale bedryf klein is, die SA motorbedryf deur voertuig- en onderdelevervaardigers regstreeks 111 300 mense in diens het. “As die kleinhandelaars van onderdele, handelaars en ander poste gekoppel aan die voertuigmark in ag geneem word is die syfer meer as 900 000,” aldus die tydskrif se verslag.
“GM se besluit is ʼn groot saak. Die maatskappy is vir meer as 100 jaar in SA en het vir meer as 90 jaar voertuie in SA vervaardig,” volgends die berig.
Die motorbedryf sukkel steeds. Verkope van nuwe voertuie het in Mei met 2.6% gedaal teenoor die vorige jaar. In April was verkope ook laer en gevolglik is verkope vir die jaar tot datum 1.7% laer. Die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers (Naamsa) het in sy verslag oor die syfers gesê die plaaslike bedryf is onder druk danksy die afgradering van SA tot rommelstatus. “Die afgraderings deur Fitch en S&P vroeg in April het voertuigverkope nadelig geraak. “Mei was ʼn beter maand aangesien daar meer handelsdae was as in April. Tog het verkope gedaal. Ons skryf dit aan negatiwiteit van kopers toe,” het Naamsa in sy verslag gesê.



Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























