[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.27.4″ fb_built=”1″ _i=”0″ _address=”0″ custom_padding=”0px|||||”][et_pb_row _builder_version=”3.27.4″ _i=”0″ _address=”0.0″][et_pb_column type=”4_4″ _builder_version=”3.27.4″ _i=”0″ _address=”0.0.0″][et_pb_text _builder_version=”3.27.4″ hover_enabled=”0″ _i=”0″ _address=”0.0.0.0″]
INTERNASIONALE MARKTE – GEEN EINDE AAN TRUMP SE IMPAK OP MARKTE NIE
► CHINA EN VSA STEEDS GEWIKKEL IN HANDELSPANNING
Internasionale markte het in Augustus weer uiters wisselvallig vertoon nadat Amerikaanse President Donald Trump sy administrasie se handelsoorlog met China verskerp het en ook weens vrese dat ʼn resessie in die VSA op pad is. Trump het vroeg in die maand op Twitter gesê ʼn bykomende tarief van 10% gaan vanaf 1 September op Chinese invoere gehef word en ʼn paar dae later het hy China daarvan beskuldig dat die land wisselkoerse manipuleer toe die yuan tot besonder lae vlakke verswak het. In die laaste dae van die maand het spanning hoog geloop toe China nuwe tariewe op Amerikaanse goedere aangekondig het. Trump se reaksie was ʼn “bevel” dat Amerikaanse maatskappye bedrywighede uit China onttrek én verdere tariewe.
Al hierdie gebeure het markte onder druk geplaas hoewel daar naby die einde van die maand ʼn effense herstel bespeur is toe die Chinese ministerie van buitelandse sake bekend gemaak het dat onderhandelaars van albei lande “doeltreffende kommunikasie” handhaaf.
Die Nasdaq, wat bekend is vir die tegnologie-maatskappye wat op hierdie beurs genoteer is, is in Augustus die swaarste getref en het 2.6% laer gesluit, maar is steeds jaar tot datum 20% hoër. Die S&P 500 het die maand 1.8% laer afgesluit (+16.7% jaar tot datum). Die Dow Jones Nywerheidsindeks het ook laer gesluit op -1.7% vir die maand (+13.2% jaar tot datum).
► MARKTE SLUIT LAER IN EUROPA, DIE VK EN ASIË
Die vernaamste aandeelbeurse in Europa het vir die tweede agtereenvolgende maand swakker vertoon met die Duitse DAX 2% laer maand op maand (+13.1% jaar tot datum). In Frankryk het die CAC 0.7% laer gesluit (15.8% jaar tot datum). In Duitsland is aangekondig dat daardie land se ekonomie in die tweede kwartaal met 0.1% (kwartaal op kwartaal) verlangsaam het danksy dalings in uitvoer.
In die VK het die FTSE 100 maand op maand 5% laer gesluit (+7.1% jaar tot datum) en daar is vrese dat die land vir die eerste keer in tien jaar ʼn ekonomiese resessie gaan beleef. Die nuwe Eerste Minister, Boris Johnson, se oënskynlike plan om voort te gaan met Brexit sonder enige ooreenkoms het ook ekonomiese aktiwiteit onder druk geplaas.
Ook in Asië het markte in Augustus laer gesluit met die Hang Seng Indeks 7.4% laer vir die maand (-0.5% jaar tot datum). Oproer in Hong Kong het die negatiewe sentiment aangevuur. China se Shanghai saamgestelde indeks was 1.6% laer (+15.7% jaar tot datum) teenoor Julie. Die land se ekonomie het aan verskeie fronte verswak – werkloosheid het in Augustus ʼn rekord hoogtepunt gehaal en vervaardiging, verbruiksbesteding en belegging in eiendom was ook laer as wat verwag is.
PLAASLIKE MARKTE – SWAK EKONOMIE EN POLITIEK PLAAS DRUK OP MARKTE
► TESOURIE STEL GROEIPLAN BEKEND
Augustus was ʼn besige maand in Suid-Afrika, en ʼn hele paar ontwikkelings het negatiewe sentiment aangedryf. Die hoogtepunt van die gebeure was die Minister van Finansies, Tito Mboweni, se bekend-stelling van ʼn ekonomiese beleidsdokument van 77 bladsye, getiteld Ekonomiese transformasie, inklusiewe groei en mededingendheid vir ʼn ekonomiese groeistrategie vir SA. Vakbonde het nie goed daarop gereageer nie en Cosatu veral was omgekrap dat die organisasie nie geraadpleeg is nie. Die private sektor daarenteen, het die dokument grootliks verwelkom. Die publiek is genooi om kommentaar vir die Minister te stuur en die doelwit is om die dokument as ʼn bloudruk te gebruik om ekonomiese groei te bevorder en werksgeleenthede te skep.
Twee ander kwessies het in Augustus baie aandag gekry – die Minister van Gesondheid, Zweli Mkize, het op 8 Augustus die gewysidge Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gepubliseer, wat die aandeelpryse van maatskappye soos Discovery en Aspen onder druk geplaas het (albei het die maand 12.9% laer as in Julie afgesluit). Dit het die nuus vir dae oorheers en verskillende kommentators het baie te sê gehad. Sommige het gewaarsku dat dit verdere druk op die staat se finansies gaan plaas en ook die mediese sorg keuses vir individue kan benadeel. Die ander was wetgewing vir die afskryf van skuld, wat op 13 Augustus bekend gemaak is, vir individue wat minder as R7 500 per maand verdien en skuld van meer as R50 000 het. Organisasies soos die SA Vereniging van Banke het gewaarsku dat dit ʼn negatiewe uitwerking kan hê as formele instansies nie meer aan die laer inkomste groepe lenings wil toestaan nie, wat kan veroorsaak dat hulle alternatiewe opsies gaan gebruik en so roekelose lenings sal aangaan.
► NOG ‘N SWAK MAAND VIR DIE JSE
Die JSE het in Augustus weer verswak en die FTSE JSE Indeks van Alle Aandele het die maand 2.7% laer gesluit (+4.8% jaar tot datum) – die derde maandelikse verlies vir die jaar. Finansiële aandele is weereens die swaarste getref en die Fini-15 het maand op maand 4% laer gesluit (-7.6% jaar tot datum). Die vier grootste banke is almal geraak en Nedbank het die maand 6.3% laer gesluit, ABSA 3.8% laer, FirstRand 2.9% laer en Standard Bank 1.3% laer teenoor Julie. Die Resi-10 was ook laer (-1.7% maand op maand, +8.1% jaar tot datum) danksy dalings vir aandele soos Anglo American (-6.9%), Glencore (-4.8%) en BHP Group (-4.7%) teenoor Julie. Ook die Indi-25 was onder druk en het maand op maand 2.9% laer gesluit (+10.9% jaar tot datum). Die rand het in die maand met 6% verswak en is ook 6% laer teenoor die dollar, jaar tot datum.
Goudmyn maatskappy Harmony se aandeelprys het in Augustus die beste gevaar en het 50.4% hoër as in Julie gesluit danksy ʼn stewiger goudprys en indrukwekkende jaarsyfers. Twee ander goudmyn maatskap-pye was in die tweede en derde plek – AngloGold Ashanti (+36.4% maand op maand) en Pan African Resources (+34.5% maand op maand). Die goudprys het in die laaste week van Augustus teen die hoogste prys in ses jaar verhandel, die vierde agtereenvolgende maand van stygings. Delta en Rebosis-B aandele het die swakste gevaar en Augustus onderskeidelik 39.9% en 39.3% laer as in Julie gesluit. Grindrod was in die derde plek en het maand op maand 27.3% laer gesluit. Jaar tot datum is Impala steeds die beste vertoner met ʼn styging van 135.7%.
► TRAE EKONOMIESE OMSTANDIGHEDE DUUR VOORT
Ekonomiese aktiwiteit is steeds swak en die Absa Aankopers Indeks (bekend as PMI) het in Augustus tot 45.7 gedaal, wat laer is as wat algemeen verwag is. In Julie was die PMI 52.1 punte. Die neutrale merk is 50 indekspunte. Enige syfer hoër as 50 dui op ʼn verbetering en laer as dit op agteruitgang. Suid-Afrika het in Julie ʼn handelstekort van R2.88 miljard aangeteken, danksy uitvoer van R112.94 miljard teenoor invoere van R115.82 miljard. In Junie is ʼn handelsoorskot van R5.4 miljard aangeteken, aldus syfers wat deur SARS bekend gemaak is.
► EIENDOMSMARK SUKKEL
Stygings vir huispryse is die afgelope twee jaar laer as inflasie op ʼn gemiddeld van 3.6%, luidens ʼn berig in Business Day. Die SA inflasiekoers het in Julie effens gedaal tot 4%, teenoor die gemiddelde syfers van 4.7% in 2017 en 4.5% in 2018. Selfs van die areas wat voorheen steeds goed presteer het, ervaar nou minder aktiwiteit. Daar is sover in 2019 net 149 eiendomme in Seepunt verkoop, vergeleke met 265 in 2018, ʼn afname van 44%. In die stadskern van Kaapstad is verkope van eiendomme sover 69% minder as die totaal vir 2018.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]




Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























