[et_pb_section fb_built="1" _builder_version="3.0.47"][et_pb_row _builder_version="3.0.48" background_size="initial" background_position="top_left" background_repeat="repeat"][et_pb_column type="4_4" _builder_version="3.0.47"][et_pb_text _builder_version="3.19.14" link_option_url="https://www.bwm.co.za/wp-content/uploads/2019/02/MAANDELIKSE-Mark-en-Ekonomiese-Verslag-Februarie-2019.pdf%22]
INTERNASIONALE MARKTE
VORDERING MET SAMESPREKINGS TUSSEN DIE VSA EN CHINA STEUN MARKTE
► VERNAAMSTE BEURSE SLUIT HOËR
Die meeste internasionale markte het in Febru- arie gestyg nadat handelsgesprekke tussen die VSA en China betreklik goed verloop het en markte hoopvol was vir ʼn deurbraak. Die Ameri- kaanse President Donald Trump het op 24 Feb- ruarie op Twitter geskryf dat hy die oorspronk- like keer-datum (aanvanklik as 1 Maart bepaal) om tariewe op Chinese goedere te verhoog sal uitstel, danksy ‘betekenisvolle vordering’ met die samesprekings. Op 27 Februarie het die Amerikaanse Handelsverteenwoordiger Robert Lighthizer bevestig dat die VSA, minstens vir nou, die instel van tariewe op ys sal hou. Ander politieke spanning het markte beïnvloed en daar was swakker dae teen die einde van die maand. Die feit dat Trump en die leier van Noord-Korea, Kim Jong Un, geen ooreenkoms bereik het nie en ook spanning tussen Indië en Pakistan het aandeelpryse ietwat afgedruk.
Wall Street het die positiewe begin van die jaar voortgesit en die S&P 500 Indeks het maand op maand 3% hoër (+11.1% jaar tot datum) gesluit. Die Nasdaq was 3.4% hoër vir die maand (+13.5% jaar tot datum) en die Dow Jones 3.7% hoër (+11.1% jaar tot datum).
► BREXIT PLAAS DRUK OP EUROPESE MARKET
Europese markte het in Februarie positief gesluit, ondanks negatiewe sentiment weens Brexit onsekerheid. Die DAX in Duitsland het maand op maand 3.1% hoër gesluit (+9.1% jaar tot datum) en Frankryk was die CAC maand op maand 5% hoër (+10.8% jaar tot datum). Die VK se FTSE 100 het maand op maand met 1.5% gstyg (+5.2% jaar tot datum). Kommer oor ʼn sogenaamde ‘geen ooreenkoms’ Brexit het ʼn demper op stygings geplaas.
In Asië het Japan se Nikkei 225 die maand 2.9% stewiger afgesluit (+6.9% jaar tot datum) terwyl China se Shanghai Saamgestelde Indeks maand op maand met 13.8% gestyg het (+17.9% jaar tot datum) en Hong Kong se Hang Seng Indeks was 2.5% hoër vir die maand (+10.8% jaar tot datum).
Wat kommoditeite betref het die olieprys 6.7% gestyg nadat die Organisasie van Petroleum Pro- duserende Lande (OPEC) produksie ingeperk het en Rusland bekend gemaak het dat produksie daar ook verminder sal word. Die goudprys was onder druk in Februarie en het met 0.6% gedaal maar die platinaprys het die maand 6.2% hoër afgesluit op $874 per ons.
PLAASLIKE MARKTE
ESKOM OORHEERS BEGROTINGSAANKONDIGING
► GELDEENHEID VERSWAK
Die waarde van die rand het in Februarie 6.3% verswak vergeleke met Januarie, gedeeltelik danksy die Minister van Finansies Tito Mboweni se begrotingsaankondiging, maar is ook geraak deur spanning tussen Indië en Pakistan, wat die dollar gesteun het. Jaar tot datum is die rand 1.8% sterk- er teenoor die dollar. Mboweni het oor die tragiese stand van die plaaslike ekonomie gepraat en ook baie tyd bestee aan die voortslepende probleme by Eskom. Begrotingsdag het vir in- woners die nuus van ‘n moeilike fiskale omgewing, lae tot geen ekonomiese groei, groter tekorte en dus meer lenings gebring. Dit sal waarskynlik sorg dat SA se verhouding van skuld tot BBP ten 2023/2024 bo 60% gaan wees.
Die JSE het ‘n positiewe maand beleef en die FTSE JSE Indeks van Alle Aandele het 3.4% hoër as in Januarie gesluit (jaar tot datum +6.5%). Indrukwekkende vertonings deur veral hulpbron- aandele het die plaaslike beurs gesteun. Resi-10 het die maand 8% stewiger as Januarie afgesluit en is jaar tot datum 11% hoër. Anglo American Plati- num (Amplats) het ʼn besonder goeie maand gehad en hierdie aandeel het 20.2% hoër as Januarie gesluit. BHP Group was vir die maand 10.7% stewiger, Anglo American Plc 8.9% hoër en Glen- core het met 5.2% gestyg. Die Indi-25 het 4.1% hoër as Januarie gesluit (+5% jaar tot datum) danksy stygings vir markswaargewigte soos Richemont, Anheuser-Busch InBev and Naspers.
Die finansiële indeks het nie te watwonders gevaar ná die goeie vertoning van Januarie nie en die Fin-15 het maand op maand 2.1% laer gesluit (+4.6% jaar tot datum).
Aandele soos FirstRand (-7.3% vir die maand), Sanlam (-6.4% maand op maand) en Standard Bank (-0.6% maand op maand) het die indeks afgedruk.
Die helfte van die 20 top vertoners van Februarie is in die hulpbronne sektor en die platinamyngroep Impala Platinum is bo-aan die lys met ʼn styging van 55.8% teenoor Februarie, gesteun deur ʼn hoër platinaprys en indrukwekkende resultate. Lonmin Plc was in die tweede plek op +44.7% en Sibanye Gold op ʼn styging van 36.7% maand op maand in die derde plek.
► GAS VONDS KAN GROOT IMPAK HÊ
Daar was ook ʼn bietjie goeie nuus in Februarie toe die Franse olie en gasmaatskappy Total aangekon- dig het dat ʼn gas vonds wat ʼn geraamde $100 miljard werd kan wees, aan die Kaapse kus gevind is. Business Day het berig dat ʼn beduidende impak op Suid-Afrika kan hê omdat dit die land in staat sal stel om die verskeidenheid energie-bronne te verbreed en die land se afhanklikheid van steen- kool kan verminder.
Wat ekonomiese nuus betref is ʼn handelstekort van R13.1 miljard vir Januarie aangekondig en kredietverleining in die private sektor het jaar op jaar met 6.5% toegeneem, vanaf 5.1% jaar op jaar in Desember. Die inflasiesyfer vir Januarie is 4% jaar op jaar, teenoor 4.5% jaar op jaar in Desem- ber. Maand op maand het pryse in Januarie met 0.2% gedaal. Die laer inflasieprys was grootliks te danke aan ʼn laer brandstofprys. BusinessTech het berig dat droogtetoestande verskeie voed- selpryse opwaarts gedruk het en dat die pryse van items soos patats met 20.1% gestyg het, tamaties met 26.8% en rooibostee met 19.4%.
► NOG ‘N SWAK MAAND VIR DIE VOERTUIG MARK
Beurtkrag het sake- en verbruikersvertroue in Februarie geknak en dit was een van die bydraende faktore wat volgens die Nasionale Vereniging van Voertuigveraardigers (Naamsa) tot laer voertuigverkope aanleiding gegee het. Nuwe voertuigverkope het die maand op 43 251 eenhede agesluit, 6.6% laer as in die ooreenstem- mende maand verlede jaar.
Die verkope van pasassiersvoertuie was in die besonder swak en het met 13.% tot 27 000 motors gedaal. BusinessTech het daarop gewys dat bekostigbaarheid vir baie verbruikers ʼn prob- leem is en dat dit duidelik is dat huishoudelike begrotings onder druk is.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]




Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























