[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.1.1″]
INTERNASIONALE MARKTE WISSELVALLIG
Die meeste internasionale markte het in Mei teruggesak danksy ʼn krisis in Italië (die derde grootste ekonomie in die Eurosone), wat veral teen die einde van die maand vir groot skommelings gesorg het. Vrese dat ʼn verkiesing gehou sal word wat as ʼn referendum vir Italië se toekoms in die Europese Unie beskou sal word, het beleggers onrustig gemaak. Kommer oor handelsverhoudinge het ook tot die wisselvalligheid bygedra nadat Amerikaanse President Donald Trump tariewe op ingevoerde staal en aluminium vanaf die Europese Unie (EU), Kanada en Mexiko aangekondig het. China het Amerika gekritiseer vir nuwe dreigemente van tariewe op produkte van daardie land en het soos die EU bekend gemaak dat hulle ook tariewe op Amerikaanse produkte gaan instel. Dit het internasionale spanning verhoog en markte negatief beïnvloed.
Amerikaanse markte het ondanks die spanning nie te sleg gevaar nie en die Dow Jones Nywerheidsindeks het Mei 1.05% hoër as in April afgesluit (-1.23% jaar tot datum). Die S&P 500 het vir die maand met 2.16% (+1.18% jaar tot datum) gestyg en die Nasdaq was 5.32% hoër teenoor April (jaar tot datum +7.8%). Verbruikersvertroue het in Mei gestyg en daar is bekend gemaak dat die Amerikaanse ekonomie in die eerste kwartaal met 2.2% gegroei het.
Die meeste Europese markte het swakker gesluit. Die Dax in Duitsland was 0.06% laer teenoor April (-2.42% jaar tot datum) en die CAC in Frankryk het maand op maand met 2.11% gedaal (+1.62% jaar tot datum). In die VK het die FTSE 100 maand op maand met 2.25% gestyg maar dié indeks is vir die jaar tot datum 0.12% laer as verlede jaar.
In Asië het die Nikkei 225 in Japan Mei 1.18% laer afgesluit (-2.47% jaar tot datum) en is veral geraak deur ʼn stewiger yen en nuus dat die ekonomie van Japan in die eerste kwartaal van die jaar verswak het – die eerste swakker syfer in agt agtereenvolgende kwartale van positiewe groeisyfers. In China het die Hang Seng Indeks in Hong Kong maand op maand met 1.10% gedaal (+1.84% jaar tot datum).
PLAASLIKE MARKTE- JSE SAK TERUG IN MEI
Verskeie internasionale markte het geen watwonderse maand in Mei beleef nie danksy ʼn politieke krisis in Italië wat sentiment negatief gedryf het. Die JSE was geen uitsondering nie en die FTSE JSE Indeks van Alle Aandele het die maand 3.6% laer as in April afgsluit (5.6% laer jaar tot datum). Finansiële aandele was veral onder druk en die FINI-15 het vir die maand met 6.9% gedaal (-7.1% jaar tot datum), terwyl nywerheidsaande-le die maand 5.1% laer gesluit het (-8.9% jaar tot datum). Stewiger kommoditeitspryse het die Resi-10 ʼn hupstoot gegee en dit het die maand 4.5% hoër afgesluit (hierdie indeks staan op ʼn indrukwekkende +9.1% vir die jaar tot datum). Hoewel markswaargewigte soos BHP Billiton en Glencore goeie vertonings gehad het, het nywerheidsaandele soos British American Tobacco, Richemont en Naspers laer gesluit.
Die houermaatskappy van Cash Paymaster Services, Net 1 UEPS Technologies, was die beste vertoner vir die maand en het 27.7% hoër gesluit. Hotel en casino maatskappy Sun International het die tweede beste gevaar en met 23.9% gestyg tenoor April. Kon-struksiegroep Murray & Roberts was in die derde plek met ʼn styging van 16.8% vir die maand.
Niveus Investment het Steinhoff International Holdings (Steinhoff) van die top posisie op die lys van die swak-ste vertoners gedruk na dié aandeelprys met 57.2% teenoor April gedaal het. Steinhoff was in die tweede plek met ʼn verdere daling van 41.7% vir die maand en verhandel nou op die laagste vlakke ooit. Die maatskap-py se aandeelprys het skerp gedaal sedert dit verlede jaar bekend geword het dat verskeie finansiële en rekeningkundige ongerymdhede laat verlede jaar aan die lig gekom het. Kleinhandelaars Massmart Holdings en Lewis was gesamentlik in die derde plek met dalings van 28.9% vir die maand. Massmart se aandeelprys was onder druk ná die maatskappy bekend gemaak het dat sy volgende finansiële syfers laer gaan wees.
Lewis Group, Clover en Murray & Roberts is vir die tweede agtereenvolgende maand die drie beste ver-toners vir die jaar tot datum. Murray & Roberts is nou bo-aan hierdie lys op +50.1% jaar tot datum.
Die aandeelprys van Steinhoff het in Mei ʼn nuwe laagtepunt bereik en die aandeel is nou bo-aan die lys van die swakste vertoners vir die jaar tot datum op – 75.9%. In die tweede plek is Fortress Real Estate Invest-ment Trust (REIT) -B- wat jaar tot datum 64.9% laer is as verlede jaar en Niveus is in die derde plek op -60.6%.
Aan die politieke front het President Cyril Ramaphosa verlede maand sy eerste 100 dae as President voltooi. Verskeie politieke waarnemers meen hy het sover goed gevaar om sake in Suid-Afrika te verander ná die ramp-soedige termyn van Jacob Zuma. Hoewel die sogenaamde Ramaphoria beleggers se vertroue verbeter het, is kommentators dit eens dat daar nog baie werk gedoen moet word om ekonomiese groei te laat herstel. Hoewel die rand maand op maand met 1.9% verswak het (-2.6% jaar tot datum), danksy ʼn sterk vertoning van die dollar, het die geldeenheid teen die einde van die maand effens herstel toe die dollar onder druk gekom het.
Wat ekonomiese data betref, April se verbruikerspry-sinflasie (VPI) het tot 4.5% jaar op jaar gestyg na die laagtepunt vir verskeie jare van 3.8% wat in Maart bekend gemaak is. Maand op maand het VPI met 0.8% gestyg. Die grootste bydraes tot die styging was danksy hoër pryse vir alkohol, tabakprodukte en brandstof. Die hoër BTW koers wat in April in werking gestel is het ook tot die opwaartse momentum bygedra. Kredietverlening in die private sektor het in April tot 5.1% gedaal. Die SA Reserwevank se Monetêre Beleidskomitee het by sy vergadering van Mei besluit om die rentekoers onve-randerd te hou.
Die prys van brandstof styg met 5.5% in Junie, wat die petrolprys tot ʼn nuwe hoogtepunt neem en gaan verdere druk op vebruikers plaas. Ontleders verwag dat die druk op verbruikers gaan toeneem aangesien die rand toenemend onder druk gaan kom weens monetêre beleidsveranderings deur sentrale banke wêreldwyd en ook danksy voorturende internasionale politieke spanning.
Die motorbedryf het nog ʼn goeie maand beleef en die verkope van bakkies en motors het toegeneem.
Volgens syfers wat deur die Nasionale Verenining van Voertuigvervaardigers van SA (Naamsa) bekend gemaak is het die verkope van nuwe voertuie jaar op jaar met 2.4% gestyg. Nadere ondersoek na die syfers toon wel dat verkope vir die eerste vyf maande van 2018 1.6% laer is as die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, aldus ʼn berig van Wheels24.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]



Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























