[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22.7″][et_pb_row _builder_version=”3.25″][et_pb_column type=”4_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_text _builder_version=”3.25.4″]
INTERNASIONALE MARKTE – STEWIGE VERTONING OP INTERNASIONALE AANDEELBEURSE
► S&P 500, DOW EN NASDAQ SLUIT HOËR
Internasionale markte het in Junie goed vertoon en die MSCI Alle Lande Wêreldindeks het die maand 6.5% hoër as die vorige maand afgesluit, teenoor die 5.9% daling wat in Mei aangeteken is. Dit was groot-liks te danke aan verwagtinge van ʼn positiewe uitkoms vir voortgesette handelsgesprekke tussen die VSA en China by ʼn G20 vergadering, wat in Osaka, Japan plaasgevind het.
Die Amerikaanse President Donald Trump het ingestem om vir die oomblik geen nuwe tariewe in te stel nie en het ook toestemming gegee dat Huawei weer Amerikaanse produkte kan koop.
In die VSA het die S&P 500 indeks maand op maand met 6.9% gestyg (+17.4% jaar tot datum en +3.8% in die tweede kwartaal van 2019) en die Dow Jones Nywerheidsindeks het maand op maand 7.2% hoër gesluit (+14% jaar tot datum en +2.6% in die tweede kwartaal van die jaar) – volgens CNBC die grootste styging vir Junie sedert 1938. Die Nasdaq, wat bekend is vir die aantal tegnologie maatskappye wat by dié beurs ingesluit is, het die maand 7.4% hoër afgesluit (+20.7% jaar tot datum), ondanks swakker vertonings vir van die bekendste aandele weens planne van reguleerders in die VSA om die onmededingende optrede van sommige van die maatskappye te onder-soek.
Ook in Europa het markte in Junie goed gevaar en die Duitse DAX het 5.7% hoër as in Mei gesluit (+17.4% jaar tot datum, +7.6% in die tweede kwartaal van die jaar).
In Frankryk het die CAC maand op maand met 6.4% gestyg (+17.1% jaar tot datum).
Ondanks die stygings en dalings op markte sedert die begin van die jaar het The Daily Maverick berig dat Amerikaanse aandele die beste eerste helfte van ʼn jaar vir die afgelope 20 jaar aangeteken en ook dat dit die beste maand vir nuwe noterings was sedert 2014.
PLAASLIKE MARKTE
► JSE SLUIT HOËR ONDANKS BBP SKOK
Skokkende syfers wat in Junie bekend gemaak is, toon dat die plaaslike ekonomie in die eerste kwartaal van 2019 met 3.2% gekrimp het – ʼn groter daling as wat algemeen verwag is en die grootste kwartaalikse daling in ʼn dekade. Die swakker syfer is aangedryf deur moeilike omstandighede vir die vervaardiging en myn-bou sektore, veral danksy die impak van beurtkrag in die eerste kwartaal.
Ondanks die ontstellende nuus het die plaaslike aan-delebeurs in Junie verstewig en die FTSE JSE Indeks van Alle Aandele het maand op maand 4.6% hoër gesluit (+10.4% jaar tot datum). Mynbou aandele het die lopie gelei en groot aandele soos Anglo-American het maand op maand 15.6% hoër gesluit, Anglo American Platinum (Amplats) +14.2% maand op maand, BHP Groep 10.1% hoër en Glencore 5.7% hoër maand op maand. Naspers, wat 19% van die indeks uitmaak, het Junie 4.4% hoër as in Mei afgesluit.
Stewiger pryse vir ystererts het gediversifiseerde mynaandele gesteun, terwyl goudmynaandele ook goed gevaar het danksy ʼn styging van 8% in die prys van die edelmetaal. Die Resi-10 het die maand 10.3% hoër afgesluit (+16.8% jaar tot datum), die Indi-25 het 4.1% hoër gesluit (+12.7% jaar tot datum). Die Fini-15 het nie so waffers gevaar nie en die maand slegs 1.4% hoër afgesluit (+3.7% jaar tot datum) danksy aandele soos Standard Bank (-1% maand op maand), Capitec (-1.6% maand op maand) en Nedbank (-3.4% maand op maand) se swakker vertonings.
AngloGold Ashanti het in Junie die beste gevaar en die aandeel het maand op maand 30.5% hoër gesluit, aan-gevuur deur die hoër goudprys, wat vir die eerste keer sedert 2013 bo die vlak van $1 400 per ons gestyg het. Harmony (+25.7% maand op maand) was in die tweede plek en die derde beste vertoner was Blue Label Telecoms (+24.6% maand op maand), die groot-ste aandeelhouer in Cell C. Rebosis Property Fund was die swakste vertoner in Junie (-29.2% laer as in Mei), gevolg deur Omnia Holdings (-20.4% maand op maand). Nog ʼn eiendomaandeel – Intu Properties Plc – was in die derde plek vir die maand en het 20% laer as in Mei gesluit.
► MIN BESONDERHEDE OOR
TOEKOMSPLANNE IN STAATSREDE
President Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede (algemeen bekend as SONA) sterk steun vir Eskom bevestig, asook vir die maandaat van die Reserwebank, en beloftes is gemaak van besteding aan infrastruktuur soos paaie en water en hy het ook gesê werk sal gedoen word om dit makliker te maak om onder-nemings te vestig en te bedryf. Die staatsrede het sonder voorval verloop, hoewel die besonderhede maar min was. Spanning tussen die verskillende faksies binne die regerende party hou steeds die plaaslike ekonomie as gyselaar. Die Sekretaris-Generaal van die ANC, Ace Magashule, het die eerste onsteltenis veroorsaak met uitsprake vroeg in Junie oor die Reserwebank. Volgens berigte op News24 het hy ʼn verklaring oor die Reserwebank uitgereik ná afloop van ʼn vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, wat die rand onder druk geplaas het. Sy uitsprake is vinnig weerlê as ʼn wanvoorstelling van die uitkoms van die NUK se vergadering en Rama-phosa se kantoor het ʼn verklaring uitgereik waarin die President sy standpunt duidelik gestel het.
Die rand het in die tweede helfte van die maand stewiger verhandel danksy opmerkings deur sentrale banke wêreldwyd en die hoop vir ʼn positiewe uitkoms vir handelsonderhandelinge tussen China en die VSA. Die rand het teen die einde van Junie met 3% teen die Britse pond en 1.6% teenoor die Euro verstewig.
► WEEREENS SWAKKER VOERTUIGVERKOPE
Syfers wat deur die Nasionale Vereniging van Voer-tuigvervaardigers (Naamsa) bekend gemaak is toon dat voertuigverkope in Junie weereens gedaal het. Verko-pe van passasiersvoertuie was laer maar daar was effense stygings in die verkope van bepaalde klasse van handelsvoertuie.
Daar is in Junie 724 of 1.6% minder voertuie verkoop. Die totaal was 45 939 teenoordie 46 663 wat in Junie verlede jaar verkoop is. Verkope van uitvoervoertuie – wat in Mei laer was as in Mei 2018 – het beter gevaar en met 14.3% gestyg.
Bronne: Anchor Capital, Momentum, Wheels24, The Daily Maverick
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]



Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























