[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.1.1″]
INTERNASIONALE SPANNING PLAAS MARKTE ONDER DRUK
Markverhandelinge was in Junie weereens wis-selvallig te midde van voortgesette vrese van ʼn moontlike handelsoorlog tussen die VSA en China en Amerika se ander vername handelsvennote in Europa en Kanada. China het in Junie sy voorneme bekend gemaak om bykomende tariewe op produkte te hef wat van die VSA ingevoer word en so die tariewe van die VSA te ewenaar, terwyl daar in Euro-pa teen ʼn moontlike wêreldwye resessie gewaarsku is as die VSA met sy planne deurdruk. Markte het ʼn veilige hawe in die VSA opgesoek terwyl ontluikende markte (SA ingesluit) vir die grootste deel van die maand onder druk was. Die meeste internasionale markte het laer gesluit weens onsekerheid betreffende Amerikaanse President Donald Trump se handelsbeleidplanne.
Amerikaanse aandele het effens gestyg en hoewel die Dow maand op maand met 0.6% gedaal het (-1.8% jaar tot datum) het die S&P 500 die maand op +0.5% afgesluit (jaar tot datum -1.7%) en die Nasdaq was maand op maand 0.9% hoër (+8.8% jaar tot datum).
Die Europese Unie het in Junie ʼn ooreenkoms betreffende migrasie bereik en so van die politieke druk verlig en die leierskap posisie van Duitse Kanselier Angela Merkel gesteun. Dit het ook kom-mer verlig dat daar weer ʼn verkiesing in Duitsland – die EU se grootste ekonomie – gaan plaasvind. Die Duitse Dax het maand op maand met 2.4% gedaal (-4.7% jaar tot datum) en die Franse CAC het die maand met 1.4% gedaal (+0.2% jaar tot datum). In die VK het die FTSE 100 0.5% laer as in Mei gesluit (-0.7% jaar tot datum).
Daar was min opwinding in China hoewel die markte in die laaste dae van die maand lopies aangeteken het. Sentiment bly wel negatief weens die kommer oor ʼn handelsoorlog en Hong Kong se Hang Seng Indeks het die maand met 5% gedaal (-3.2% jaar tot datum). Aanvanklike tariewe op Chinese goedere tree op 6 Julie in werking wat markte terug gehou het weens vrese dat dit tot verdere teenreaksie sal lei.
PLAASLIKE MARKTE – GELDEENHEID SWAKKER, JSE BETER
Die rand het in Junie verswak (-8.1% maand op maand) danksy ‘n stewiger Amerikaanse dollar, negatiewe sentiment teenoor ontluikende markte en swak ekonomiese data, in die besonder die swak groei wat vir die eerste kwartaal van die jaar bekend gemaak is. Die JSE het Junie positief afgesluit en die JSE Indeks van Alle Aandele het maand op maand 2.6% hoër gesluit (3.2% swakker jaar tot datum).
Finansiële aandele was veral onder druk en die FINI-15 het maand op maand met 2.8% gedaal (-9.7% jaar tot datum), terwyl nywerheidsaandele 4.6% hoër as Mei afgesluit het (-4.7% jaar tot datum). Hulpbronaandele het goed gevaar danksy stygings van sommige kommoditeitspryse en die Resi-10 het Junie 6.4% beter as in Mei afgesluit. Hierdie indeks is jaar tot datum heelwat stewiger op +16.1%. Mark swaargewigte soos BHP Billion en Anglo American het onderskeidelik met 7.4% en 1.6% vir die maand gestyg en nywerheidsmaatskappye soos British Amer-ica Tobacco en Naspers het onderskeidelik met 6.7% en 15.2% maand op maand gestyg, wat die plaaslike beurs gesteun het.
Die Namibiese finansiële dienste maatskappy, Trustco Group Holdings, was die beste vertoner vir die maand en sy aandeel het maand op maand met 42.9% gestyg. Die beleggingsgroep Brait SE was in die tweede plek (+16.6% maand op maand), ondanks die aankondiging van ʼn verlies van R10.15 miljard vir die 2018 finansiële jaar (2017: R16.03 miljard) aangesien die maatskappy sukkel om betekenisvolle vordering in die VK te maak. Steinhoff International het in Junie met 15.2% gestyg, hoewel van ʼn baie lae basis. Die grootste deel van die styging in die aandeelprys was te danke aan nuus dat die maatskappy steun by krediteure gekry het vir herstruktureringsplanne. Op grond van hierdie nuus het die aandeel op 7 Junie 13% hoër gesluit maar die stygings het daar opgehou aangesien dit duidelik was dat die maatskappy steeds in finansiële moeilikheid is.
Vervaardiger van batterye en voertuigonderdele Metair het in Junie die swakste gevaar met ʼn daling van 22.5% teenoor Mei. Novus Holdings was in die tweede plek en het vir die maand met 16.8% gedaal. Dié drukkery en verpakkingsmaatskappy het ʼn aanleg gesluit en van sy drukperse afgeskakel nadat Media24 sy drukooreenkomste met die maatskappy heronder-handel het. Die eiendomsmaatskappy Delta Property Fund was met ʼn daling van 16.7% in die derde plek.
Murray & Roberts Holdings (M&R), Trustco en Allied Electronics (Altron) het sover jaar tot datum die beste gevaar met onderskeidelik stygings van 44.6%, 34.8% en 28.3%. Ondanks die styging wat in Junie aangeteken is bly Steinhoff die swakste vertoner jaar tot datum op -72.3%, gevolg deur Niveus Investments (-65% jaar tot datum) en Fortress REIT (-64.3% jaar tot datum) in die derde plek.
Volgens Statistiek SA het ekonomiese groei in die eerste kwartaal van die jaar met 2.2% gedaal, vergeleke met die styging van 3.1% wat vir die laaaste kwartaal van 2017 bekend gemaak is. Jaar op jaar het BBP met 0.8% gegroei. Die grootste bydrae tot die negatiewe syfer was afkomstig van landbou en die mynbou en vervaardigingsbedrywe.
Die voortgesette swak ekonomiese prestasie was een van die kwessies wat bespreek is by ʼn buiten-gewone vergadering van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) wat teen die einde van die maand in Johannesburg gehou is. Business Day het berig dat die WEF se Klaus Schwab daarop gewys het dat handelsmerk SA in die Zuma era agteruitgegaan het. “Die land word nie meer in ʼn positiewe lig gesien nie. Daar is goot potensiaal vir toegang tot die groter Afrika mark maar groei is te laag. Stewiger groei is uit-ers noodsaaklik om al die kwessies soos onderwys, gesondheidsorg en werkskepping op te los,” aldus die koerant se berig.
Verbruikersprysinflasie het verras met ʼn syfer van 4.4% jaar op jaar vir Mei (April 4.5%), ondanks die verhoging van BTW wat in April in werking getree het. Verbruikers is duidelik onder druk aan alle fronte en kleinhandelsyfers vir April het teleur gestel met ʼn daling van 1.2% jaar op jaar. Kleinhandelsyfers het in Maart ook gedaal met 0.2% tenoor ʼn styging van 1.4% wat vir Februarie bekend gemaak is. Bloomberg berig dat die jongste data die swakste groei in 15 maande is. Kredietverlening in die private sektor het ook in Mei verswak, die swakste vertoning sedert Septem-ber 2010.
Aan die politieke front het openbare sittings oor die wysiging van die Grondwet om vir grondonteienig sonder vergoeding voorsiening te maak in Junie afgeskop.
Gemeenskappe het nou die geleentheid om hul sê te te sê oor die kwessie. Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi het ʼn wetsontwerp voorgelê met ambisieuse planne om gesondheidsorg deur die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te bestuur en Minister van Minerale Gwede Mantashe het ʼn gewysigde mynbouhandves bekend gestel.
Plaaslike verkope van nuwe voertuie het in Junie die bedryf se verwagtinge oortref, aldus Wheels24. ʼn Totaal van 46 678 nuwe voertuie is in die maand verkoop, 1 346 (3%) meer as in Junie 2017. Uitvoerverkope het nie so goed gevaar nie en 4 805 eenhede minder (-15.2%) is verkoop teenoor die 31 595 wat in Junie verlede jaar uitgevoer is.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]



Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























