[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.19.5″]
INTERNASIONALE MARKTE
DALINGS OP MEESTE INTERNASIONAL BEURSE
► VERSKEIE MARKTE SWAKKER
Internasionale markte het die jaar op ʼn laagtepunt afgesluit aangesien vrese van swakker ekonomiese groei beleggers senuweeagtig gemaak het. Die Amerikaanse President Donald Trump het sake vererger ná die Amerikaanse regering tot stilstand gedwing is omdat geen ooreenkoms bereik kon word oor sy planne vir die bou van ʼn muur op die grens met Mexiko nie. Het het ook tweets uitgestuur wat daarop dui dat hy daaraan dink om met die onafhanklikheid van die Amerikaanse reserwebank in te meng.
Die bekendste aandeelbeurse het groot verliese aangeteken met die S&P 500 9% laer – die grootste daling in die VSA sedert 1931 en hierdie beurs se eerste negatiewe jaar sedert 2008. In Europa was die DAX 6.2% laer en die Switserse SMI 6.7% laer. In Japan was dalings nog erger en die Nikkei 225 se syfer was -10.45%. Vir die volle jaar staan aandeelbeurse op ʼn teleurstellende -8.2% vir die MSCI Wêreldindeks (in dollar). Ontluikende markte het ʼn onstuimige jaar op -14.5% (in dollar) afgesluit.
► AMERIKAANSE RENTEKOERSE STYG
Die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) het soos verwag rentekoerse in Desember met 0.25% verhoog en die voorsitter Jerome Powell het nie vrese besweer nie met ʼn verklaring dat nog verhogings op pad is. Verskeie tweets deur Donald Trump het beweer dat die Fed se besluite die mark negatief beïnvloed.
► BREXIT KOMMER DUUR VOORT
In die VK oorheers die Brexit kwessie steeds die nuus waar die Eerste Minister Theresa May ʼn stemming in die parlement rakende die Brexit ooreenkoms wat sy met Europese leiers ooreengekom het, moes kanselleer. Sy het nie die steun gekry wat nodig was om die ooreenkoms goed te keur nie. ʼn Paar dae later het May ʼn poging om haar as leier uit te stem oorleef maar byna 40% van haar eie party het teen haar gestem.
Markte het kort ná Kersfees effens opgeflikker en die S&P het in die laaste handelsdae van die jaar beter gevaar, maar ondanks daardie lopie was Desember steeds die swakste maand vir die S&P 500 sedert 2009 en die ergste vir die MSCI Wêreldindeks sedert Mei 2012.
PLAASLIKE MARKTE
ONDANKS WISSELVALLIGE DESEMBER EINDIG JSE HOËR
►JSE SLUIT OP POSITIEWE NOOT
Dit was ʼn stormagtige maand vir verskeie inter- nasionale markte, die JSE ingesluit. Ondanks verskeie stygings en dalings het ʼn stewiger goudprys gou- daandele gesteun en daardie stygings, asook goeie vertonings van ander groot aandele, het verseker dat die FTSE JSE Indeks van Alle Aandele maand op maand 4.1% hoër as in November gesluit het. Vir die jaar lyk sake nie goed nie en volgens ‘n berig in Business Day het die JSE (soos baie internasionale markte) in 2018 gesukkel en vir die jaar is die plaaslike mark 11% laer as verlede jaar; die swakste vertoning in ʼn dekade.
Die positiewe einde vir Desember was grootliks te danke aan hoër aandeelpryse vir Anglo American (+16.3% maand op maand), BHP Group (+15.2% maand op maand), Richemont (+5.1% maand op maand) en Naspers (+4.7% maand op maand). Die hulpbronne sektor het weereens goed gevaar en die Resi het die maand 12.6% hoër gesluit. Die Indi-25 het 2.6% hoër gesluit en die Fini-15 1.1% hoër teenoor November.
AngloGold Ashanti (+30.6% maand op maand) was die beste vertoner in Desember, gesteun deur ʼn hoër goudprys en mediaberigte dat die maatskappy dit oorweeg om op die aandelebeurse van Londen of Toronto te noteer. Gold Fields was in die tweede plek met ʼn styging van 22.2% vir die maand, gevolg deur die enigste kleinhandel aandeel onder die 20 beste vertoners vir die maand – Lewis Groep – wat die maand 21.1% hoër afgesluit het.
Die aandele wat die swakste gevaar het is in verskillende sektore maar die meeste dalings was in die eiendomsektor, wat vir die grootste deel van die jaar onder druk was. Voedsel en konstruksiemaat- skappye het ook nie waffers gevaar nie. Tongaat Hulett wat met 18.4% teenoor November gedaal het was die swakste vertoner, gevolg deur die konstruksiegroep Raubex (-17.9%) en RCL Foods in die derde plek met ‘n daling van 17.4% vir die maand.
► SA EKONOMIE NIE MEER IN RESESSIE
Syfers wat in Desember bekend gemaak is toon dat die ekonomie in die derde kwartaal met 2.2% gegroei het en gevolglik nie meer in resessie is nie. Die syfer was hoër as die verwagte 1.6% groeikoers. Vervaardiging het veral goed gevorder – ná hierdie sektor in die tweede kwartaal met 0.3% gekrimp het, het vervaardiging in die derde kwartaal met 7.5% gegroei. Verbruikersprysinflasie het in November op 5.2% jaar op jaar gestaan teenoor die 5.1% van Oktober.
► HANDELSOORSKOT IN NOVEMBER
SA het in November ʼn handelsoorskot van R3.94 miljard aangeteken, aldus syfers wat deur Sars bekend gemaak is. Die syfers toon dat vir die elf maande tot die einde van November daar ʼn handelstekort van R4.16 miljard aangeteken is, baie swakker as die oorskot van R62.3 miljard wat vir die ooreenstemmende tydperk in 2017 aangeteken is. Uitvoer vir die jaar tot datum het met 6.1% gestyg terwyl invoer in dieselfde tydperk met 13% toegeneem het.
► STEWIGE STYGING VIR UITGEVOERDE VOERTUIE
Naamsa se jongste syfers toon dat verkope van nuwe voertuie aan die plaaslike mark 2018 swak afgesluit het. Die 39 984 eenhede wat in Desember 2018 verkoop is was 767 of 1.9% minder as die 40 751 wat in Desember 2017 verkoop is. Verkope van passasiers- voertuie en ligte handelsvoertuie was onderskeidelik 0.2% en 7% laer as in Desember verlede jaar. Uitvoerverkope van voertuie het besonder goed gevaar en met ʼn indrukwekkende 56.3% gestyg teenoor die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar – 31 437 eenhede teenoor 20 107 in Desember 2017.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]



Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























