[et_pb_section fb_built="1" _builder_version="3.0.47"][et_pb_row _builder_version="3.0.48" background_size="initial" background_position="top_left" background_repeat="repeat"][et_pb_column type="4_4" _builder_version="3.0.47"][et_pb_text _builder_version="3.19.13" link_option_url="https://www.bwm.co.za/wp-content/uploads/2019/02/MAANDELIKSE-Mark-en-Ekonomiese-Verslag-Februarie-2019.pdf%22]
INTERNASIONALE MARKTE
MARKTE SKUD GROOT SKOMMELINGE AF IN JANUARIE
► POSITIEWE BEGIN VIR DIE JAAR Aandeelmarkte het in Januarie baie beter gevaar ná die groot skommelinge aan die einde van 2018. On- twikkelde én ontluikende markte het stygings aangeteken, deels te danke aan tekens deur die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) dat daar groter geduld met die verhoging van rentekoerse sal wees. ʼn Oënskynlik effens beter verhouding tussen China en die Amerikaanse President het ook tot die meer positiewe sentiment bygedra. Politieke on- sekerheid is wel steeds aan die orde van die dag en makro-ekonomiese nuus het dusver gemengde tekens aan die markte gestuur.
Die S&P500 het in die eerste helfte van die maand geleidelik gestyg en uiteindelik die maand 8% hoër as in Desember afgesluit. Dit was ondanks die probleme wat geskep is deur die gedeeltelike 35 dae stilstand van Amerikaanse federale regeringsdienste. Dit is veroorsaak omdat die Amerikaanse President Donald Trump en die Amerikaanse kongres nie ooreen kon kom oor sy planne om ʼn muur op die grens tussen Amerika en die VSA te bou nie.
In Europa het markte ook positief gesluit. Die Euro- stoxx 50 Indeks het in Januarie met 5.6% gestyg.
► STADIGER EKONOMIESE GROEI IN CHINA Kommer duur voort oor stadiger ekonomise groei in China. ʼn Groeikoers van 6.4% is vir die vierde kwartaal van verlede jaar aangekondig, die eerste keer wat dit onder 6.5% is. Teen die agtergrond van verwagte laer ekonomiese groei wêreldwyd en ook danksy die handelspanning met Amerika, oorweeg die Chinese regering programme om die ekonomie te stimuleer.
Die stadiger groei in China het ook die mark in Japan geraak aangesien laer vraag vervaardigers se ver- dienste geraak het, wat in die besonder masjien- vervaardigers in Japan negatief beïnvloed.
PLAASLIKE MARKTE
MARKTE SLUIT HOËR AS STORMAGTIGE DESEMBER
► JSE SLUIT STEWIGER
Ná groot skommelinge in November en Desember 2018, het markte in Januarie stiller waters ervaar. Die SA mark het soos internasionale markte beter gevaar en die FTSE/JSE Indeks van Alle Aandele het die maand 2.8% hoër as Desember gesluit, veral danksy goeie vertonings deur finansiële aandele.
Die JSE se Finansiële Indeks het 6% hoër gesluit, nadat dit in Desember met slegs 0.6% teenoor No- vember verbeter het. Die Hulpbronne Indeks was ook positief en het 3.3% hoër as die vorige maand gesluit. Hulpbronne is gesteun deur ʼn 3% styging vir die goudprys en ʼn styging van 3.3% vir die plati- naprys. Dit is veroorsaak deur vrese dat ekono- miese groei wêreldwyd swakker gaan wees, wat beleggers na veiliger bates gedryf het. Die JSE se Nywerheidsindeks het nie watwonders gevaar nie maar tog 0.9% hoër as Desember afgesluit. Die mediumgrootte nywerheidsaandele het beter ge- vaar en met 2.3% gestyg terwyl die kleiner aandele met 2% gestyg het. Genoteerde eiendomme het in Januarie besonder goed gevaar en met 9.2% gestyg, hoewel dit van ʼn baie lae basis was.
Die rand het in Januarie die beste vertoning van alle geldeenhede teenoor die dollar beleef. Dit het in die maand met 7.9% teenoor die euro verstewig en met 5.5% teenoor die Britse pond. Ander geldeenhede het ook stewiger teenoor die dollar vertoon – die Russiese roebel het die maand 6.6% beter afgesluit en die Chileense peso 6% stewiger teenoor die dollar.
► INFLASIE LAER
Die inflasiesyfer vir Desember 2018 wat deur Statistiek SA aangekondig is, het soos verwag is tot 4.5% gedaal. Die daling vanaf die 5.2% wat vir November aangekondig is was grootliks te danke aan die petrolprys wat R1.84 sent per liter laer was. Die daling in brandstofinflasie van 19.2% tot 7.7% vanaf November tot Desember het gesorg dat die geadministreerde inflasie van 12.1% tot 8% gedaal het. Geadministreerde of bestuurde inflasie, wat grootliks deur brandstof- en el- ektrisiteitspryse, water en sanitasie tariewe gedryf word, staan sedert 2009 op ʼn gemiddeld van 7.1% en bly een van die grootste bedreigings vir die inflasiesyfer. Die SA Reserwebank (SARB) verwag dat elektrisiteitspryse vanjaar met 9% gaan styg, heelwat minder as die 15% wat deur Eskom aan- gevra word.
Inflasie sonder die geadministreerde pryse was in Desember 3.8%, wat gemaklik binne die SARB se teiken van tussen 3% en 6% val. Gegewe die feit dat die SARB se invloed op geadministreerde pryse redelik beperk is, is ontleders dit eens dat bestaande monetêre beleid van pas is.
► VERBRUIKERSVERTROUE ONVERANDERD Verbruikersvertroue het op dieselfde vlak – 7 punte – van die laaste kwartaal van 2018 gebly. Die verbruikersvertroue-indeks, wat deur FNB en die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan Stellenbosch Universiteit saamgestel word is teen die einde van Januarie bekend gemaak. Aldus ʼn verklaring wat FNB uitgereik het, was verbruikersvertroue in die tweede helfte van 2018 beduidend laer as in die eerse ses maande aangesien die opgewondenheid oor die nuwe President begin verflou het. Dit is steeds hoër as die lae vertrouesyfer wat tussen 2015 en 2017 aangeteken is. Volgens FNB dui dit daarop dat verbruikers steeds betreklik optimisties is dat die plaaslike ekonomie in 2019 beter gaan vaar en dat huishoudelike finansies sal verbeter.
► SYFERS VIR KLEINHANDEL EN VOERTUIGVER- KOPE ONDER DRUK
Hoewel verbruikers oënskynlik meer hoopvol is vir die jaar wat voorlê toon kleinhandelsyfers vir die feesseisoen dat huishoudelike begrotings onder druk is. Verskeie van die groter kleinhandelaars soos Woolworths, Mr Price, Clicks en groepe soos die meubelhandelaar Lewis het met verklarings rakende handelstoestande gesê afset tydens Kers- fees was laer as wat verwag is. Die groter kleinhan- delaars het ook gewaarsku dat ʼn moeilike jaar voorlê.
Verbruikers se skuldsituasie, hoër petrolpryse en die verhoging van BTW is as bydraende faktore genoem.
Ook die motorbedryf het nie in Januarie veel rede tot opgewondenheid gehad nie. Die verkope van nuwe voertuie was in die eerste maand van die jaar op 42 374 eenhede 7.4% laer as in dieselfde maand verlede jaar. Volgens Naamsa het die verkope van passasiersvoertuie met 10.8% gedaal en was die verkope van ligte handelsvoertuie onve- randerd teenoor 2018.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]



Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























