IS JOU FINANSIËLE RAADGEWER ’N BATE OF LAS?
Deur Richus Nel, finansiële raadgewer van Brenthurst Wealth
Kliënte meet gewoonlik hul finansiële raadgewers se prestasie aan opbrengste. Raadgewers sal egter sonder twyfel misluk as hul raad slegs daaraan gemeet word – hulle kan nie die markte beheer nie en beleggers moet dit verstaan.
In die loop van ’n leeftyd lei die bykomende dienste wat deur finansiële raadgewers gelewer word, tot ’n beduidende toename in beleggingswaar-dige bates en ’n baie beter finansiële posisie by aftrede.
Kliënte meet gewoonlik hul finansiële raadgewers se prestasie aan porte-feulje-opbrengste. Maar in ’n klimaat waar opbrengste laag is (swak groei, lae rente en lae inflasie) moet hulle ook dink aan:
– Tye in die verlede toe hul portefeulje beter as die markte presteer het danksy hul raadgewers en batebestuurders – byvoorbeeld ’n strategie sedert 2012 van blootstelling aan oorsese markte wat reuse-opbrengste weens die rand se verswakking meegebring het;
– Die waarde van ander dienste wat raadgewers lewer wat betref besparings met koste, belasting en die vermyding van finansiële foute.
Raadgewers sal sonder twyfel misluk as hul raad slegs aan beleggingsop-brengste gemeet word – hulle kan nie die markte beheer nie en beleggers moet begrip daarvoor hê.
VEREIS GEHALTE ADVIES
Soos finansiële druk toeneem, neem die vraag na raad van gehalte ook toe. Op ’n onlangse nasionale beleggingsforum in Century City, Kaapstad, het vooraanstaande plaaslike sowel as oorsese batebestuurders ekonomiese en politieke vooruitsigte bespreek.
’n Voorlegging wat die aandag getrek het, was dié van Peter Kempen van Coronation, getiteld “Thriving in a lower return environment”. Hy het verwys na Carl Richards, die stigter van Behaviour Gap, om raadgewers en beleggers aan te moedig om hul beleggings- en adviesfokus aan te pas in ’n lae-opbrengs-omgewing. Volgens Richards is daar dinge wat saak maak en dinge wat jy kan beheer. Die fokus moet wees waar dié twee oorvleuel, dus die dinge wat saak maak én wat jy kan beheer.
WAAROOR HET BELEGGERS WEL BEHEER?
IS PROFESSIONELE FINANSIËLE RAAD DIE MOEITE WERD?
Volgens twee internasionale studies (een deur die Beleggingsfondsinstituut van Kanada en die ander deur Vanguard) staan sake só: ’n Kanada gebruik vyf uit elke ses beleggers ’n raadgewer en in Amerika gebruik 80% van effektetrustbeleggers hierdié dienste. In Duitsland is dit 80% en in Nederland slegs 51%.
VOLGENS DIE NAVORSING TOON DIÉ LANDE IN DIE ALGEMEEN ’N BEDUIDENDE TOENAME IN SPAARGELD, PERSOONLIKE WELVAART, KLEINER AFHANKLIKHEID VAN DIE STAAT EN LYK DIE STAAT SE FINANSIES OOK BETER. Die onderskeie lande was minder afhanklik van buitelandse reserwes, wat ’n beduidende besparing in rente en koste vir regerings meebring.
VOORDELE VAN PROFESSIONELE FINANSIËLE RAAD:
– Die opbou van persoonlike welvaart danksy ’n spaarplan
– Beter vooruitsigte vir aftrede
– Die kies van kostedoeltreffende belastingoplossings en beleggings
– Volharding met ’n langtermyn-beleggingstrategie, eerder as beleggings gegrond op emosie
– Waaksaamheid teen swak finansiële besluite
RAADGEWERS FOKUS OP DIE VOLGENDE:
1. GEDRAGSAANPASSING
Beleggers sal tipies “hoog koop” en “laag verkoop”. Die gemiddelde tydperk wat Amerikaanse beleg-gers in effektetrusts hul aandele hou, is 3,46 jaar, terwyl dié aandele eintlik vir sewe tot tien jaar gehou moet word.
IN SUID-AFRIKA WORD DIE VERBETERING IN PERSOONLIKE WELVAART WAT AAN FINANSIËLE RAADGEWERS TOEGESKRYF WORD, OP SO VEEL AS 2 TOT 4 PERSENT PER JAAR GESKAT.
Vir ’n tydperk van 30 jaar tot einde Desember 2015 het die S&P 500-indeks ’n jaarlikse opbrengs van 10,35% getoon, volgens dalbar.com. Hierteenoor het die gemiddelde belegger in effektetrusts slegs ’n opbrengs van 3,66% getoon. Die fokus op korttermynbelegging het dus ’n jaarlikse gaping van 6,69 persen-tasiepunte in opbrengste tot gevolg. Dié gaping het van sowat 10 persentasiepunte in 1998 tot sowat 3,5 persentasiepunte in 2015 gekrimp. Dit is grootliks danksy beleggersopvoeding, beter interpretasie van beleggers se emosies, asook raadgewers se vermoë om daardie emosies doeltreffend te bestuur.
2. NODIGE RISIKO-ONTLEDING EN BATETOEWYSING
Finansiële raadgewers moedig beleggers aan om die nodige risiko’s aan te gaan – groter risiko’s as wat hulle noodwendig op hul eie sou neem. Dié groter risiko speel op lang termyn ’n kernrol in beter beleggingsopbrengste vir kliënte.
HOE KIES JY ’N RAADGEWER OF BATEBESTUURDER?
Die regte batebestuurder is net so belangrik as batetoewysing aangesien dié persoon vertrou word met die belegger se kapitaal. Batebestuurders moet hulself op die lange duur kan onderskei, in goeie en slegte tye.’n Goeie finansiële raadgewer/batebestuurder sien om na die volgende:
1. KOSTE EN BELASTING
Raadgewers is in die algemeen koste- en belastingbewus en sal kostedoeltreffende beleggingsopsies aan hul kliënte voorhou. Besparings wat op dié gebiede gemaak word, sal beleggingsopbrengste op die lange duur aansienlik verstewig. Raadgewersfirmas kan onderhandel vir laer tariewe met handelsplatforms en batebestuurders – tot beleggers se langtermynvoordeel. Weens stygende belastingkoerse word groter aandag geskenk aan verpersoonlikte, belastingdoeltreffende beleggingsplanne.
2. FINANSIËLE BEPLANNING
Finansiële beplanning verwys na beleggings- en aftreebeplanning ten bate van beleggers se finansiële welstand. Dit sluit in enige finansiële oorweging, plan, bespreking of leiding wat bydra tot ’n kliënt se finansiële welstand.
3. RISIKOBESTUUR
Die bestuur van risiko is van kardinale belang by persoonlike finansies. Finansiële risiko is enige gebeurtenis wat ’n kliënt se finansiële plan van koers af kan dwing. Dit sluit in persoonlike skuld, kortter-mynskade (soos diefstal of ’n ongeluk), sterfte, verlies aan inkomste, ’n mediese noodgeval of sakeskuld wat nie vereffen word nie. Kontantvloeirisiko’s word bestuur. Risikobestuur sluit selfs die tydige bestuur van boedelbemakings en die benoeming van peetouers in, wat besparings tot gevolg het omdat duur hofsake vermy word.
4. MAKSIMUM VERLIES EN ONTTREKKINGS KOERS
Beleggers – selfs dié wat bewus is van markwisselvalligheid – is altyd geskok wanneer finansiële produk-te skielik waarde verloor (sogenaamde maksimum verlies of “drawdown”).
RAADGEWERS HELP DIE GEVOLGE VAN DIÉ VERLIES BESTUUR DEUR:
– Die onttrekkingskoers en eskalasie te bestuur.
– Die keuse van onttrekkingsbron (met inagneming van belastingdoeltreffendheid).
– Die portefeulje só saam te stel dat onttrekkings veilig kan geskied.
5. OPVOEDING VAN BELEGGERS
Finansiële raadgewers, veral in die Suid-Afrikaanse konteks, verrig ’n baie belangrike opvoedingsfunksie. Die leiding wat hulle bied is “beginselgegrond” en die fokus is op risiko en persoonlike finansiële sake. Dié bemagtiging lei daartoe dat beleggers in ’n baie beter finansiële posisie is.
Hoe beter ’n belegger opgevoed is, hoe beter is sy/haar finansiële posisie en hoe meer volhoubaar is ’n sakeverhouding met daardie persoon.
Opeenvolging bly ’n kardinale fokuspunt vir raadgewers. Suksesvolle opeenvolging beteken dat inligting wat aan kliënte oorgedra word, ook deur die kliënte self aan opeenvolgende geslagte oorgedra word.
SLOTSOM:
Die internasionale navorsing waarna hierbo verwys is, is dit eens dat die gebruik van ’n finansiële adviseur opbrengsvoordele van soveel as 1,5 persentasiepunt tot 3 persentasiepunte per jaar tot gevolg kan hê.
Selfs net gedragsaanpassing kan opbrengste met tot 1,5 persentasiepunt per jaar verbeter. Raadgewers wat kliënte help om die regte risiko’s te neem (met inagneming van opbrengste) speel onomwonde ’n rol in beleggers se sukses.
Byvoorbeeld: Die verskil tussen langtermyn- effekte-opbrengste teenoor kontantbeleggings-opbrengste is enorm. Die vermyding van algemene beleggingsfoute lei ook spoedig tot ’n aansienlik beter finansiële posisie.
In die loop van ’n leeftyd lei die bykomende dienste wat deur finansiële raadgewers gelewer word, tot ’n beduidende toename in beleggingswaardige bates en ’n baie beter finansiële posisie by aftrede.
IN SUID-AFRIKA WORD DIE VERBETERING IN PERSOONLIKE WELVAART WAT AAN FINANSIËLE RAADGEWERS TOEGESKRYF WORD, OP SO VEEL AS 2 TOT 4 PERSENTASIEPUNTE PER JAAR GESKAT.
BRENTHURST WEALTH AANGEWYS AS BESTE BOETIEK WELVAARTBESTUURDER IN SA, 2017
Brenthurst Wealth is as die beste boetiek welvaartbestuurder in SA aangewys in die 2017 Intellidex Toekennings vir Welvaartbestuurders en Private Banke. Die maatskappy is ook as nommer vyf in die algehele toekennings vir welvaartbestuurders aangewys en het goed gevaar in die kliëntenavorsing afdeling van die toekennings.
“Dit is ʼn besonderse prestasie vir ons in ʼn hoogs mededingende welvaartbestuurbedryf. Gegewe die uitdagende beleggingsomgewing glo ons dat ons sterk fokus op die bou van langtermyn verhoudings met kliënte en ons filosofie om deurlopend na die beste beleggingsgeleenthede te soek het die deurslag gegee. Ons opregte dank aan ons kliënte, wat die hartklop van Brenthurst is, en ook aan die span vir hul toewyding,” sê Brian Butchart, Besturende Direkteur.
Volledige berig hier: https://www.businesslive.co.za/investing/investors-monthly/2017-06-28-when-only-the-best-will-do-what-our-private-banking-and-wealth-management-survey-says/



Megan joined the Brenthurst Wealth team in March 2026 as an Administrative and Fiduciary Services Assistant at our Val de Vie Office in the Western Cape. Prior to joining Brenthurst, Megan gained three years of experience in the retail sector, where she developed management and client service skills.




I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Esmarelda Isaacs-Andreas joined the Brenthurst Wealth Stellenbosch office in October 2025, taking on the dual role of Receptionist and Fiduciary Administrator.
I obtained my National Diploma in Financial Information Systems from the Cape Peninsula University of Technology in 1999 and have worked in the wealth management industry since January 2000. Over the years, I have gained extensive experience in various roles, including Portfolio Manager Assistant, Planner Assistant, and Paraplanner.
Ashley joined Brenthurst Wealth in January 2025 as Office Administrative Assistant and Receptionist for the Stellenbosch Office.




René Heystek joined Brenthurst Wealth in November 2023, as receptionist and administrative assistant in the newly established George/Garden Route office.
Michelle Heystek has built a career in the financial services over the last two decades, after obtaining her B.Com degree in Financial Management in 2005. Once she joined Brenthurst in 2006, she continued her academic journey, obtaining her Certificate in Wealth Management from INSETA in 2007, followed by a Postgraduate Diploma in Financial Planning from the University of the Free State. In 2008, she earned the Certified Financial Planner (CFP®) designation.





Anelle joined Brenthurst Wealth as a Receptionist and Administrative Assistant to Brian Butchart in the Cape Town office in December 2023. She has a wealth of knowledge from working as a liaison between Financial Advisers and clients at TMA and Absa Investment Management Services (Aims) since 1998. She obtained her B. com degree from the University of Port Elizabeth in 1997.











ADMITTED ATTORNEY | FINANCIAL PLANNER & HEAD OF BRENTHURST FOURWAYS

Sanet was appointed in April 2020, joining our Cape Town team as an Executive Administration Assistant to Renee Eagar. She has been in the financial services industry since 1990. Her previous experience includes positions at Sanlam, BJM and ABSA. She spent her last 12 years working at Alexander Forbes Private Client Wealth as a Senior Wealth Management Assistant. She has received numerous accolades over the years which include but not limited to, Alexander Forbes Client Service Excellence – Silver award in 2014,2015 and 2017. Sanet has also obtained her Certificate in Wealth Management (NQF 5) in 2012 and achieved “Best Student of the Year” from Moonstone.













Maria Smit is a Certified Financial Planner® with over 10 years of experience in the financial planning industry.


























