Internasionale Markte
Dramatiese agteruitgang vir markte en ekonomie

Pryse van aandele en ander bates het in Maart dramatiese skommelinge beleef. Die wêreldwye verkoop van aandele en ander bates wat deur twee sogenaamde ‘swart swaan’ gebeure – die verspreiding van die COVID-19 virus en ʼn onverwagte aanval op die olieprys deur Rusland – veroorsaak is, het toegeneem nadat regerings inperkingsmaatreels in werking gestel het om die verspreiding van die virus te probeer beheer. Senuweeag-tige beleggers het in Maart eenvoudig alles begin verkoop in wat deur baie as ʼn ongekende tydperk beskryf word. Selfs die prys van goud – wat gereeld as ʼn veilige hawe beskou word – het in Maart gedaal en die maand 0.5% laer afgesluit (vir die eerste kwartaal van 2020 is die goudprys 3.9% hoër as in 2019).
In die VSA was Maart die ergste maand vir markte sedert die Groot Depressie en al drie die vernaamste markte het verliese aangeteken. Die Dow Jones het die maand 13.7% laer gesluit en vir die eerste kwartaal die slegste syfer in sy geskiedenis – ʼn daling van 23.2% – aangeteken. Die S&P 500 het maand op maand met 12.5% gedaal en die swakste kwartaal sedert die 4e kwartaal van 2008 beleef met ʼn daling van 20%. Selfs die Nasdaq, wat gewoonlik beter vaar, het maand op maand met 10.1% gedaal – volgens Reuters die mark se swakste maande-likse vertoning sedert November 2008. Die eerste kwartaal van 2020 was ook hierdie mark – bekend vir die tegnologiemaatskappye wat daar genoteer is – se swakste vertoning sedert die 4e kwartaal van 2018 met ʼn daling van 14.2%. Die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) het in Maart rentekoerse twee keer verlaag as een van die noodmaatreels wat in reaksie op markomstandighede in werking gestel is.

VSA KONDIG STEUNPAKKET AAN
Die Trump administrasie het aanvanklik stadig op die pandemie reageer en groot getalle sterftes en nuwe gevalle is binne dae aangeteken. Daar is wel later besef wat die impak gaan wees en die Amerikaanse Kongres het ʼn steunpakket van $2 triljoen aangekondig in ʼn poging om die ekonomiese impak te probeer beperk en bykomende stappe is ook aangekondig om die menslike impak te bestuur. Aansoeke vir steun deur werkloses het in die laaste week van Maart ʼn rekord van 3.3 miljoen bereik en ekonome verwag dat baie meer gaan volg aangesien verskeie sukkelende maatskappye met afleggings begin het.
In die VK het die FTSE 100 in Maart met 13.8% gedaal en die swakste kwartaal sedert 1987 beleef weens die paniek wat deur COVID-19 veroorsaak is. Europese markte het ook dramatiese dalings aangteken – die Duitse DAX het maand op maand 16.4% laer gesluit en is vir die eerste kwartaal van 2020 25% laer as die vorige kwartaal. In Frankryk het die CAC die maand 17.2% laer gesluit en was 26.5% laer vir die eerste kwartaal. Die jongste ekonomiese data vir Europa (waar veral Italië en Spanje swaar getref is deur die virus) wys dat akti-witeit besig is om rekord laagtepunte te bereik en dat veral vervaardiging en dienstesektore baie swakker vaar.

VERVAARDIGING VERBETER EFFENS IN CHINA
In Asië het die Shanghai Saamgestelde indeks die maand 4.5% laer afgesluit en is 9.8% laer vir die eerste kwartaal. Hong Kong se Hang Seng indeks het maand op maand met 9.7% gedaal en is vir die eerste kwartaal van 2020 16.3% laer. Daar was wel ʼn brokkie goeie nuus toe bekend gemaak is dat die Chinese Aanko-persindeks (PMI) vir fabrieke in Maart gestyg het.

Die meeste fabrieke in China was vir die grootste deel van Februarie geheel en al gesluit terwyl daardie land die verspreiding van die virus probeer beperk het. Kommentators was versigtig optimisties oor hierdie syfer en sommige meen dat internasionale ekonomiese herstel deur herstel in China aangedryf kan word. In Japan het die Nikkei Maart 10.5% laer afgesluit en is ook 20% laer vir die eerste kwartaal.

Plaaslike Markte
Dramatiese agteruitgang vir markte en ekonomie

Markte regoor die wêreld het in Maart dramatiese dalings ervaar, soortgelyk aan die dalings tydens die finansiële krisis van 2008. Die JSE het dieselfde beleef en dalings is in alle marksektore aangeteken. Benewens die vernietiging van waarde wat deur die impak van die COVID-19 virus veroorsaak is, is die plaaslike mark ook getref deur nuus dat die ekonomie in resessie is en die langverwagte afgradering deur agentskap Moody’s is aangekondig.
Die FTSE JSE Indeks van Alle Aandele (ALSI) het maand op maand 12.8% laer gesluit (-22.1% vir die eerste kwartaal van 2020) aangesien die dalings byna elke aandeel op die beurs geraak het. Net 25 van die 158 aandele wat in die Indeks van Alle Aandele ingesluit is het stygings vir die maand aangeteken. Die aandeelpryse van mark swaargewigte soos Glencore (-27.7%), Anglo American (-13.9%), Annheuser Busch InBev (-9.8% maand op maand), Richemont (-7.1%) en BHP Group (-3.7%) is swaar getref. Ondanks die ongekende markskommelinge het Prosus (+17.1%) en Naspers (+7.3%) Maart hoër as Februarie afgesluit. Die indeks het deur die loop van die maand verskeie rekord daaglikse dalings aangeteken: -6.2% op 9 Maart, -8.3% op 16 Maart en -7.2% op 18 Maart. Op 12 Maart het die

ALSI vir die dag 9.7% laer gesluit, die swakste vertoning sedert die ineenstorting van die mark in 1997. Dit is aangedryf deur vrese rondom die verspreiding van die COVID-19 virus en ook deur die verskillende maatreels wat regerings wêreldwyd ingestel het om die verspreiding te probeer beperk.

Hoewel die meeste aandele danksy die virus-effek – en die afgradering van Moody’s – gedaal het, het ʼn paar aandele die maand hoër afgesluit. Mynbougroep Assore se aandeelprys het met ʼn stewige 71.4% gestyg en was die beste vertoner in Maart. Dié skerp styging was te danke aan ʼn aankondiging dat die maatskappy ʼn aanbod aan minderheidsaandeelhouers gemaak het as deel van die plan om die groep ná 70 jaar op die JSE te denoteer. In die tweede plek was Patrice Motsepe se maatskappy African Rainbow Capital (ARC), wat maand op maand 25.3% hoër afgesluit het. Dis-Chem was in die derde plek met ʼn styging van 22.6% teenoor die vorige maand. Verskeie kleinhandelaars het voordeel getrek uit verbruikers se paniek-inkopies wat die aandeelpryse van Dis-Chem en ander maatskappye soos Tiger Brands (+22.2%), Pick ‘n Pay en Clicks gesteun het.

EIENDOMSEKTOR SWAAR GETREF
Vyf van die tien swakste vertoners in Maart was eiendomsmaatskappye. Die swak ekonomiese omstan-dighede het eiendomsaandele reeds laat sukkel maar die impak van COVID-19 het nou ʼn krisistyd vir die sektor te weeg gebring.
Sasol was die swakste vertoner in Maart en het 80.1% laer as Februarie gesluit. Die aandeelprys het rekorddalings aangeteken weens ʼn skerp daling in die olieprys en ook die COVID-19 effek. Nampak (-69.7% maand op maand) was die tweede swakste vertoner. Die aandeelprys van mede-eienaar van Fourways Mall, een van die grootste winkelsentrums in SA, Accelerate Property Fund was in die derde plek en het die maand 68.1% laer afgesluit. Accelerate het in ʼn handelsnota gesê die maatskappy is gedwing om huur te verlaag of selfs vir ʼn tydperk geen huur te verwag nie omdat winkeleienaars weens swak sentiment en ook beurtkrag besonder swaarkry.

INPERKING AANGEKONDIG, RESESSIE BEVESTIG
President Cyril Ramaphosa het op 23 Maart aangekondig dat nasionale inperking vir 21 dae (vanaf mid-dernag 26 Maart) in SA van krag sal wees. Hierdie pro-aktiewe stap deur die regering, om vinnige verspreiding van die virus te probeer keer, is wyd geloof. Hoewel die regering se hantering van die situasie positief ontvang is kon die tydsberekening kwalik erger vir die sukkelende plaaslike ekonomie gewees het.
BBP syfers vir die 4e kwartaal het getoon dat die ekonomie jaar op jaar met 1.4% gekrimp het en SA gevolglik weereens in resessie is. Om sake te vererger het die agentskap Moody’s op die eerste dag van inperking aangekondig dat die land se kredietgradering afwaarts aangepas is. SA word nou deur al drie vernaamste graderingsagentskappe as ‘rommel’ gradeer.
Inflasie het vir die derde agtereenvolgende maand gestyg en ʼn syfer van 4.6% is vir Februarie (Januarie 4.5%) bekend gemaak, wat net-net buite die SA Reserwebank se teikenband is. Die Reserwebank het die repokoers tot 5.25% verlaag, in reaksie op die COVID-19 pandemie en in ʼn poging om effense verligting aan verbruikers te bied.

SAKESENTIMENT DIE LAAGSTE IN TWEE DEKADES
Sakesentiment het in die eerste kwartaal tot die laagste vlak in meer as twee dekades gedaal en sal waarskynlik verder verswak wanneer die uitwerking van die inperking en verspreiding van COVID-19 op die plaaslike ekonomie duideliker word.

ʼn Kwartaalikse meting van sakevertroue het in die drie maande tot einde Desember van 26 tot 18 gedaal, aldus ʼn verslag van RMB en die Universiteit van Stellenbosch se Buro vir Ekonomiese Navorsing. Dit beteken dat agt uit elke 10 deelnemers negatief oor huidige sake-omstandighede is. Die verslag is gebaseer op die indrukke van 1 800 sakeleiers wat tussen 12 Februarie en 2 Maart aan die oorsig deelgeneem het. Die verslag is saamgestel voor die resessie-nuus bekend gemaak is en voor die impak van die virus plaaslik en internasionaal momentum gekry het. Dit word algemeen aanvaar dat dit erger gaan word en dat die negatiewe sentiment ekonomiese aktiwiteit verder gaan benadeel.

Die swak ekonomiese omstandighede is ook duidelik in voertuigverkope, wat in Maart met 29.7% gedaal het teenoor die ooreenstemmende maand verlede jaar. Die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers (Naamsa) het in sy aankondiging gesê die bedryf beleef ʼn “ongekende” stryd, net soos baie ander lande regoor die wêreld waar inperkingsmaatreels in werking gestel is.

Maak seker dat ‘n beleggingstrategie en finansiële plan aangepas word as omstandighede verander
Brenthurst se span hou markte deurlopend dop

Al Brenthurst Wealth se adviseurs en ook die beleggingskomitee monitor markbewegings plaaslik en inter-nasionaal deurlopend en kyk ook op ʼn gereelde basis na alle fondse wat by Brenthurst portefeuljes ingesluit is. Hoewel die kantore gesluit is werk die volle span en is per epos beskikbaar.

Bekyk finansies tydens inperking

As jy bietjie meer tyd tot jou beskikking het tydens die inperkingstydperk, is dit dalk net die ideale geleent- heid om jou finansies behoorlik in oënskou te neem. Is jou testament op datum? Pas jou risikoplan steeds by jou vereistes? Dit is baie belangrik om jou finansiële plan aan te pas as jou omstandighede verander. Ook, as jy enige van ons vorige nuusbriewe misgeloop het en nou tyd het om die insigte van ons span te lees,besoek die argief hier: Beleggingsverslae.

WARNING!

Please be vigilant of fraudsters purporting to act on behalf of Brenthurst Wealth from various other domains.

All Brenthurst emails are sent from one of the following domains: @brenthurstwealth.co.za or our Mauritius office @brentwealth.mu ONLY and from NO OTHER DOMAINS such as: brenthurstwealthservices.com

You have Successfully Subscribed!