INTERNASIONALE MARKTE
GROTER WISSELVALLIGHEID EN AMERIKAANSE PRESIDENT SE PLANNE MET HANDELSTARIEWE TREF MARKTE

Markskommelinge, verkope van Amerikaanse tegnologie-aandele en die moontlikheid van ʼn handelsoorlog het markte in Maart senuweeagtig gemaak. Kort nadat President Trump sy planne vir handelstariewe aangekondig het om Amerikaanse nywerhede te beskerm, het China ʼn rits tariewe vir Amerikaanse produkte aangekondig. Trump se kritiek van Amazon, sy uitsprake oor datasekuriteit-probleme vir Facebook en die moontlikheid dat die VSA regering die tegnologiebedryf wil reguleer het alles tot dalings op markte bygedra.

Die Dow Jones Nywerheidsindeks het die maand 3.7% laer gesluit (die tweede agtereenvolgende negatiewe maand ná die daling van Februarie wat stygings van tien agtereenvolgende maande tot ʼn einde gebring het. Die Dow het ook die eerste kwartaal van die jaar laer op 2.5% laer gesluit. Die S&P500 het die maand met 2.7% gedaal teenoor Feb-ruarie en is 1.2% laer vir die kwartaal. Die Nasdaq het net soos die Dow en S&P swakker gevaar en 2.9% laer gesluit.

In Europa het aandele teen die einde van die maand hoër gesluit weens gerugte dat die voertuigmaatskap-py Renault met Nissan gaan saamsmelt, soos berig deur Reuters. Die maatskappy het sover geen kommentaar gelewer nie. Daardie lopie was egter nie genoeg om vir die dalings van die maand te vergoed nie en die meeste Europese markte het Maart laer afgesluit. Die DAX in Duitsland het met 2.7% vir die maand gedaal (-6.4% vir die eerste kwartaal van 2018) en die Franse CAC was 2.9% laer teenoor Februarie (-2.7% vir die eerste kwartaal). In die VK het die FTSE 100 die maand 2.4% laer as in Februarie gesluit en is 8.2% laer vir die eerste kwartaal.

In Asië het Japan se Nikkei 225 Maart op 4.1% laer afgesluit (-7.1% vir die eerste kwartaal). In China het die Hang Seng Indeks in Hong Kong maand op maand met 2.4% gedaal en die Sjanghai Saamgestelde indeks was 3% laer vir die maand.

Business Day het oor die swakker markomstan-dighede verslag gedoen en gesê “dit was die kwartaal wat beleggers daaraan herinner het dat aandeelpryse nie vir ewig styg nie”. Die koerant se markkenner, Michel Pireu, het geskryf dat die optimisme wat die Amerikaanse mark al hoër en hoër gedruk het die afgelope drie maande tot ʼn einde gekom het. “Dit was ʼn stormagtige kwartaal waartydens die Dow twee keer met 1 000 punte geval het maar daar ook sterk lopies was. Dit alles het gesorg dat beleggers uiters onseker begin voel.”

PLAASLIKE MARKTE
INTERNASIONALE SPANNING EN WISSELVALLIGHEID DRYF MARKTE LAER

Ondanks verdere inisiatief deur President Cyril Ramaphosa om positiewe verandering te weeg te bring en ook hier en daar goeie ekonomiese en marknuus, het internasionale spanning tussen die VSA en China oor handelstariewe sentiment negatief gedryf en markte laer gedruk. Dit is duidelik dat beleggers gereed moet maak vir toenemende wis-selvalligheid.

Die spanning op internasionale markte het veroor-saak dat die FTSE JSE Indeks vir Alle aandele in Maart 4.9% laer gesluit het as in Februarie (6,8% laer vir die eerste kwartaal van 2018). Swaargewigte van die plaaslike mark soos Naspers, FirstRand, Glencore en BHP Billiton het die maand onderskeidelik 11.6%, 9.5%, 7.4% en 3.8% laer afgesluit danksy swakker internasionale markte en laer kommoditeitspryse. Laer kommoditeitspryse het gesorg dat die Resi-10 die maand 2.9% laer as in Februarie gesluit het (-4.4% vir die eerste kwartaal van die jaar), nywerheidsaan-dele het 6% laer gesluit (-9.2% vir die eerste kwartaal) en finansiële aandele was 4.4% laer vir die maand (-1.8% vir die kwartaal) en het so die stygings van Februarie prysgegee.

Die Poolse eiendomsgroep, Echo Polska Properties (EPP) het die beste vertoning in Maart aangeteken en dié aandeel het aan die einde van die maand 24.8% hoër as in Februarie gesluit. In die tweede plek was konstruksiegroep Murray & Roberts, wat die maand 23.7% hoër afgesluit het danksy nuus dat die maatskappy kontrakte vir nuwe ondergrondse mynprojekte ter waarde van R3.08 miljard in Nood-Amerika en Australasië gesluit het. Nog ʼn eiendoms-maatskappy, Hammerson Plc, was in die derde plek en sy aandeel het die maand op 21.9% hoër afgesluit.
Steinhoff International Holdings het in Maart die swakste gevaar en die maand 43.15% laer afgesluit. Die maatskappy se aandeelprys het geval ná dit bekend geword het dat daar geen haas is om sy aandeel in Steinhoff African Retail (STAR) te verkoop om sy reuse skuldlas te verlig nie. EOH Holdings was in die tweede plek en die aandeel het 39.9% laer gesluit nadat die maatskappy swakker resultate aangekondig het. Die Resilient Groep bly onder druk en was in die derde plek.

Optimisme rondom President Ramaphosa se vordering om ekonomiese herstel te bevorder het gesorg dat sake- en verbruikersvertroue ietwat herstel. Ramaphosa het verskeie veranderinge aangekondig – eers is die kabinet herskommel en verskeie Zuma-bondgenote is van poste onthef of na minder belangrike portefeuljes verskuif. Hy het ook Nhlanhla Nene as Minister van Finansies heraangestel en in Maart ʼn ander Zuma-bondgenoot – Tom Moyane, hoof van SARS – geskors.

Wat ekonomiese data betref is bekend gemaak dat die ekonomiese groei van 3.1% in die 4e kwartaal van verlede jaar aangeteken is en dat die SA ekonomie verlede jaar met 1.3%, jaar op jaar, gegroei het, beter as die 1% wat die Nasionale Tesourie verwag het. Die sterker ekonomiese aktiwiteit is gesteun deur ʼn goeie mielie-oes en herstel in ander landbousektore.

Ondanks hierdie positiewe tekens is dit geensins maanskyn en rose wat die SA ekonomie betref nie. Soos voorheen genoem is die SA aandelemark weens internasionale kwessies onder druk. Die jongste FNB eiendomsindeks en ook die ABSA Indeks van Aanko-pebestuur in Vervaardiging (PMI) toon dat sake glad nie goed lyk nie.

Die FNB Huisprysindeks vir Maart 2018 het met ʼn swakker 1% jaar op jaar gegroei, laer as die gewysigde 2.7% groei van Februarie en ook heelwat laer as die hoogtepunt van 5.1% wat in November verlede jaar aangeteken is. Dit dui op ʼn moeilike begin tot die jaar vir die eiendomsmark, ondanks die beter sentiment wat sedert die begin van die jaar posgevat het. Een bykomende kwessie wat in FNB se verslag uitgelig word, is die feit dat eiendompryse in die Wes-Kaap begin “normaliseer”. Groei in eiendomspryse in daardie streek het vir maande die gemiddelde styging gesteun maar word nou as “sonder vuurwerke’ beskryf.

Die PMI syfer het in Maart met 3.9 punte tot 46.9 gedaal, ʼn teken dat vervaardiging onder druk is.

Voertuigverkope het gestyg – 49 233 eenhede is in Maart verkoop teenoor 48 698 in die ooreenstem-mende maand verlede jaar – maar kommentators glo dit is gedryf deur kopers wat die verhoging in BTW en nuwe ad valorem tariewe op voertuie wou vermy. Business Day het berig dat die bedryf in die maande vorentoe ʼn ‘korreksie’ verwag.