INTERNASIONALE MARKTE

AMERIKAANSE MARKTE VAAR GOED ONDANKS POLITIEKE SPANNING

Die moontlikheid van ʼn militêre konfrontasie tussen die VSA en Noord Korea was steeds op die voorgrond in Sep-tember aangesien die woordewisseling tussen Amerikaanse President Donald Trump en die Noord Koreaanse leier Kim Jong Un verskerp het. Ondanks die geopolitiese onsekerheid het Amerikaanse markte goed gevaar en die maand hoër afgesluit. Die Dow Jones Nywerheidsindeks het 2.1% hoër teenoor Augustus afgesluit, jaar tot datum op +13.4%. Die S&P500 was 1.9% hoër maand op maand (+12.5% jaar tot datum) en die Nasdaq het 1.1% hoër gesluit (+20.7% jaar tot datum).

Aan die ekonomiese front het Amerikaanse inflasie in Augsutus gestyg, die grootste styging sedert Januarie is bekend gemaak en dit staan nou op 1.9% – die hoogste die afgelope sewe maande. Dit is grootliks deur hoër energiepryse gedryf en was hoër as die markverwagting van 1.6%. Verbruikersvertroue het in September effens verswak weens die impak van die orkane Harvey en Irma op die data. Nywerheids- en kleinhandelproduksie vir Augustus het teleur gestel.

Europese markte het die beste maand sover vanjaar beleef ná die bekendmaking van verskeie positiewe ekonomiese nuus. Die eurosone se aankopersindeks was positief danksy beter sake-aktiwiteit in vervaardiging en dienste en die tweede beste indiensnaming -syfers vir die afgelope dekade.

Die Duitste DAX het die maand op +6.4% (+11.7% jaar tot datum) gesluit, die Franse CAC was 4.8% hoër maand op maand (+9.6% jaar tot datum). Soos verwag is, is die Duitse Kanselier Angela Merkel vir ʼn vierde termyn herkies.

In die VK het die Bank van Engeland aangedui dat rente-koerse aanstaande maand vir die eerste keer in tien jaar verhoog kan word, wat die Britse pond tot die stewigste vlak sedert die Brexit referendum laat verbeter het. Die FTSE-100 Indeks het nogtans die maand 0.8% laer afgesluit (+3.2% jaar tot datum) waarskynlik weens die sterker pond aangesien verskeie van die maatskappye in die indeks groot dele van hul verdienste in buitelandse valuta verdien.

In Asië het die Nikkei in Japan die pas aangegee en September op +3.6% afgesluit (+6.5% jaar tot datum). In China het die Hong Kong Hang Seng indeks ietwat terug gesak en was 1.5% laer as in Augustus (+25.2% jaar tot datum). Die Shanghai Saamgestelde indeks was 0.4% ler vir die maand maar staan op +7.9% jaar tot datum. Wat ekonomiese data betref was die meeste syfers teleurstellend maar tog het vervaardiging in China toe-geneem en die behuisingsektor het ook effens verstewig.

PLAASLIKE MARKTE

WERKLOOSHEID ERGER, RENTEKOERS ONVERANDERD

Hoewel daar in September hier en daar positiewe nuus betreffende die ekonomie was, het verdere stygings in werkloosheidsyfers opnuut gevaarligte laat flikker. Die plaaslike ekonomie bly onder druk en ontleders verwag nie dat daar binnekort enige betekenisvolle verbetering gaan wees nie. Statistiek SA het in September aangekondig dat indiensneming in tweede kwartaal van die jaar met 34 000 afgeneem het. Formele werkgeleenthede (landbou uitgesluit) het in die eerste kwartaal met 48 000 gedaal, danksy swak handelsomstandighede in verskeie bedrywe soos vervaardiging, vervoer, handel. Hoewel Statistiek SA daarop gewys het dat daar in der waarheid 13 000 nuwe werksgeleenhede gevul is teenoor die vergelykbare syfers vir 2016, is dit onwaarskynlik dat dit vrese besweer dat werksgeleenthede teen ‘n vinnige tempo afneem.

Betreffende ander ekonomiese data het die ekonomiese groeikoers van 2.5% vir tweede kwartaal verwagtinge oortref, ná die teleurstellende inkrimping van die eerste kwartaal. Inflasie vir Augustus het effens gestyg en ʼn syfer van 4.8% jaar op jaar is bekend gemaak. Voedsel-inflasie daal steeds en was in Augustus 5.7% teenoor 6.8% in Julie. Verskeie ekonome het verwag dat die SA Reserwe-bank (SARB) die rentekoers met minstens 25 basispunte gaan verlaag, maar die repo-koers is onveranderd op 6.75% gehou. Die plaaslike geldeenheid het die mark verras en vlakke van R13/$1 getoets maar die maand 4% laer as aan die einde van Augustus af-gesluit. Jaar tot datum is die rand 1% sterker teen die Amerikaanse dollar.

Politieke risiko bly beleggers se grootste kommer. Verdere berigte oor die sogenaamde ‘staatskaping’ het nuusberigte oorheers tog is daar steeds geen arrestasies nie. Die ouditfirma KPMG Suid-Afrika was in die spervuur na dit bekend geword het dat dié maatskappy moontlik aandadig is in staatskaping. Senior bestuurslede van die plaaslike maatskappy het bedank ná die nuus bekend gemaak is. Die Hooggeregshof het die uitslae van die ANC se 8ste provinsiale kongres in KwaZulu Natal van November 2015 as ongeldig verklaar en die bestaande leierskap van die provinsie moet nou ontbind word.

Die JSE het nie waffers gevaar nie en alle indekse het laer as die vorige maand gesluit. Die Resi-20 was 2% laer vir die maand (+9% jaar tot datum), the FTSE JSE Indeks van Alle aandele was 2% laer maand op maand (+10% jaar tot datum), terwyl die Indi-25 en Fini-15 onderskeidelik die maand op 1% (+18% jaar tot datum) en 4% (onveranderd jaar tot datum) laer gesluit het.

Kleinhandelaar Choppies Enterprises, wat aan die einde van Augustus 10.2% laer gesluit het, was die beste vertoner in September en het die maand op 13.2% hoër gesluit. In die tweede plek was MAS Real Esate, ʼn Europese eiendomsbelegger wat op +12.9% gesluit het, met verskeie projekete en beleggings in die vooruitsig. Die Namibiese beleggingsmaatskappy, Trusto Group Holdings was in die derde plek en het die maand op +11.6% afgesluit.

ʼn Lopie wat verskeie hulpbronaandele in Augustus gesteun het, was iets van die verlede en die swakste vertoners van September was in die hulpbronne sektor. Sibanye-Stillwater het die slegste gevaar en maand op maand 26.7% laer gesluit en so die meeste van die stygings van Augustus, toe ʼn stewiger goudprys aandele gesteun het, uitgewis. In die tweede plek was Impala Platinum wat die maand 22.9% laer afgesluit het danksy ʼn daling in die platinaprys en teleurstellende voljaar resultate vir 2017. Group Five, wat 22.2% laer gesluit het, was in die derde plek ná die maatskapy ʼn verlies in sy voljaarsyfers vir 2017 aangekondig het.

Volgense syfers van die Nasionale Vereniging van Motorveraardigers (Naamsa) is ʼn totaal van 50 675 voertuie in September verkoop, 3 138 meer as in die ooreenstemmende maand verlede jaar – ʼn styging van 7%. Nuwe passasiersvoertuie verkoop het op 33 669 eenhede te taan gekom, ʼn styging van 5.9% teenoor die vorige jaar. Toyota het vir die maand die meeste voertuie verkoop met 11 123 eenhede, gevolg deur Volkswagen op 8 012. Uitvoerverkope van 36 359 voertuie was ʼn verbetering van 3 595 eenhede, 11%, teenoor die 32 764 voertuie wat in September 2016 uitgevoer is.